Kapenaar seker hy vind Maddie se lyk

2012-07-07 23:30

Maddie McCann

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Suid-Afrikaanse sakeman beweer hy het ná ’n soektog van 15 maande een van die wêreld se ­knaendste misdaadraaisels opgelos.

Stephen Birch (47), eienaar van die eiendomsmaatskappy Birch Organisation in Kaapstad, het Vrydag aan Rapport gesê hy is oortuig hy het die graf van Madeleine (Maddie) McCann gevind, sowat 130 m van waar sy verdwyn het.

Maddie (destyds 3) het in 2007 in die Algarve-streek in Portugal uit die hotelkamer van die oord verdwyn waar sy saam met haar ouers vakansie gehou het. Geen spoor van haar is ooit weer gevind nie.

Birch sê hy het in die laaste twee jaar ’n groeiende belangstelling in die saak ontwikkel.

Hy het uiteindelik besluit om Portugal te besoek. Hy het ’n woonstel gehuur op die tweede verdieping van The Ocean Club in Praia da Luz, die vakansieoord waar Maddie verdwyn het.

“Die woonstel kyk uit oor Casa Lilliana wat aan Robert Murat se bejaarde ma, Jenny (76), behoort. Murat was destyds die polisie se enigste verdagte, maar ek glo nie hy is hierby betrokke nie,” sê Birch.

Birch en sy span van twee tegniese kenners het op 16 Junie in Portugal aangekom.

“Ons het die inwoners van Casa Lilliana se doen en late ’n paar dae dopgehou om hul patroon vas te stel. Ons het toe oor ’n tydperk van vier dae elke oggend tussen 05:00 en 06:00 die eiendom onwettig betree.”

Hulle moes elke oggend seker maak ’n noordelike wind waai sodat Murat se vier groot honde hulle nie kon ruik nie.

Birch het ’n Malå-grondpenetrasie-radartoestel gehuur. Hy is maande vroeër in Suid-Afrika opgelei om die masjien te gebruik.

Volgens Birch het hulle op ’n deel van die Murat-eiendom gefokus waar ’n gruiserige dienspad kort ná Maddie se verdwyning gebou is.

“Dié gedeelte van die eiendom word deur reuse-bome aan die een kant en keermure aan die ander kant beskut. Dit is onsigbaar van buite.”

Op sy skanderings het hy ’n holte onder die grondpad gevind waarin hy glo menslike beendere begrawe is. “Jy kan duidelik sien die grond is opgediep en iets is daarin begrawe. Die feit dat ’n pad later daaroor gebou is, is verdag.”

Hy sê die skanderings wys daar is ’n voorwerp in ’n holte sowat 50 cm onder die pad begrawe. Die skanderings toon glo die grond is met ’n graaf versteur waarna iets daar begrawe is.

Birch sê die pad se basis was te hard vir hom om self te probeer om die holte oop te grawe.

Die Portugese polisie het Murat se huis destyds deurgesoek “en hier en daar om die erf gate gegrawe, maar ek dink omdat hulle Romeinse ruïnes gevind het, het hulle dit gelos”.

Birch het die skanderings na New Scotland Yard en die Portugese polisie gestuur, maar is bekommerd hulle gaan nie vinnig genoeg optree nie omdat die saak reeds gesluit is.

“Dit bekommer my dat iemand nou daai graf kan opgrawe voordat die polisie optree. Ek het juis die media hieroor genader in die hoop dat dit hul aandag sal trek,” sê Birch.

“As dit bevestig word dat dit wel Madeleine se lykie is, sal die owerhede vinniger kan vasstel wat met haar gebeur het,” sê Birch.

Hy het glo doelbewus nie kontak gemaak met Kate en Gerry McCann, Maddie se ouers, nie weens gerugte wat voorheen die ronde gedoen het dat hulle by die misdaad betrokke was.

Hy is nie bewus van enige gelde­like beloning nie, maar sê die hele projek het hom sowat R500 000 gekos. Dit was ’n emosioneel uitputtende ervaring, sê hy.

“Ek is bly ek het moontlik een van die grootste raaisels ter wêreld opgelos. Dit is sleg dat sy dood is, maar ten minste sal almal nou emosionele afsluiting kry.”

Birch beplan om in die toekoms nog onopgeloste sake van New Scotland Yard te takel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.