Karpryse skrik nie LUR’e af nie

2012-08-18 23:49

Te midde van die handboek­skandaal en swak dienslewering in Limpopo koop LUR’e van dié provinsie steeds luukse voertuie van miljoene rande aan.

Pinky Kekana, wat verlede jaar LUR vir paaie en vervoer was toe haar departement en vier ander weens swak bestuur onder administrasie geplaas is, het vandeesmaand vir haar die 2012-model van die Mercedes- Benz ML 500 4MATIC teen ­R1 miljoen aangeskaf. Sy is tans die LUR vir ekonomiese ontwikkeling en omgewingsake.

Die enjin van Kekana se agt maande oue BMW X5 is in Februarie, toe sy nog LUR vir paaie en vervoer was, “ekonomies onherstelbaar” beskadig.

Dit is herstel teen R250 000, maar toe ruil sy dié voertuig in vir ’n Merc E350 waarvoor meer as R600 000 opgedok is.

Wisani Shilenge, Kekana se woordvoerder, het gesê Kekana kon nie die VW Touareg 3.0 TDI (2009-model) van Pitsi Moloto, voormalige LUR vir ekonomiese ontwikkeling en omgewingsake, gebruik nie “omdat dit die voorgeskrewe lewensverwagting (120 000 km) oorskry het en gedurig probleme gee”.

Ook Clifford Motsepe, LUR vir plaaslike regering en behuising, ry deesdae in ’n Mercedes-Benz ML, pleks van die Q7 van sy voorganger, Soviet Lekganyane.

Tseng Diale, woordvoerder van Motsepe se departement, het gesê: “LUR’e ry so baie rond en hul motors moet elke dan en wan vervang word.”

Dr. Norman Mabasa, LUR vir gesondheid, het ’n nuwe vuurwa nadat hy in Maart ingehuldig is.

Hy kon nie die departement se Audi Q7 gebruik nie omdat dit 120 000 km oorskry het.

Jacob Marule, Limpopo se LUR vir landbou, spog met ’n nuwe Lexus RX350, ’n “skamele R600 000” uit die belastingbetaler se sak, het Mandisa Mashego, departementele woordvoerder, gesê.

Die DA se Desiree van der Walt sê: “Die ministeriële handleiding laat LUR’e toe om voertuie te vervang, maar om dit te doen in ’n provinsie wat onder administrasie is, is absurd.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.