Kenners wys wie onder misdaad ly...ras of klas?

2009-09-19 18:25

In die nadraai van die Brandon Huntley-asielaansoek het ’n woordestryd tussen kenners uitgebreek oor waarom wit mense onder misdaad deurloop, en of hulle om rasredes geteiken word.

Huntley het sy asielaansoek gegrond op die bewering dat hy spesifiek ’n misdaadteiken in Suid-Afrika is omdat hy wit is en swart mense hulle deur misdaad op wit mense wreek.

Die jongste hoofstuk in die sage het begin toe 142 van Suid-Afrika se voorste akademici ’n brief aan die Kanadese regering onderteken het waarin hulle sê swart mense loop groter gevaar om misdaadslagoffers te wees as wit mense.

Nou het die ontleder James Myburgh op die webblad Politicsweb peilings van 1997, 1999 en 2007 geplaas wat toon dat wit en Indiërrespondente persentasiegewys meer onder misdaad deurgeloop het as swart en bruin respondente.

In 2007 het ’n Markinor-peiling byvoorbeeld getoon 22% van Indiër-respondente, 20% van wit respondente, 9% van swart respondente en 9% van bruin respondente was al misdaadslagoffers.

Dieselfde jaar se bevindings in ’n soortgelyke peiling deur die Instituut vir Sekerheidstudies toon 32% Indiër-respondente, 29% van wittes, 25% van bruines en 22% van swartes was self al misdaadslagoffers.

Die kern van Myburgh se artikel is eintlik dat die akademici iets onderteken het wat hulle waarskynlik nie empiries nagevors het nie, maar hy vra ook die vraag: “Word sommige rasgroepe dalk wel geteiken? En hou dit verband met rasgebaseerde stellings deur ANC-leiers teen wit mense?”

Me. Vanessa Barolsky, hoofnavorser by die RGN, meen daar is baie verskillende peilings, en die mening dat swart mense meer onder misdaad deurloop, word deur onder meer polisiestatistieke en die Mediese Navorsings- raad se sterftestatistieke aangetoon.

Daarvolgens is geweldmisdaad soos aanranding en moord die hoogste in stedelike townships, hoewel middelklasbuurte (oorwegend wit) meer deurloop onder diefstal, roof en gewapende roof, want daar is meer om te steel.

Sy wys daarop dat middelklasbuurte tans vinnig integreer en dat alle inwoners, ongeag ras, dieselfde misdaadprobleem ervaar.

Die misdaadkenner mnr. Michael O’Donovan het aan Rapport gesê klas en verstedeliking speel ’n belangriker rol as ras in Suid-Afrikaanse misdaad.

“Die armste Suid-Afrikaners is landelike swart mense wat woon in gemeenskappe waar almal mekaar ken en waar gevestigde norme geld. Daar is die minste misdaad.

“Met verstedeliking verval daardie norme, en mens vind die hoogste voorkoms van geweldsmisdaad in townships, hoewel dit elders ook voorkom.

“Hoërinkomste-groepe val ander misdaad soos diefstal en roof erg ten prooi, maar dis ’n kwessie van klas, nie ras nie,” het hy aangevoer.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
57 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.