Keohane ‘van sy kop af’ weens kokaïen

2012-06-02 23:38

Keohane sê daar is ’n “agenda” teen hom.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die rugbyskrywer Mark ­Keohane het Vrydag as woordvoerder van die Olimpiese span van Suid-Afrika bedank, ure nadat Rapport hom gekonfronteer het met bewerings dat hy dwelms misbruik en ’n sekspes is.
Voormalige vrouewerknemers van Keohane sê hy ly aan ’n “jammerlike kokaïen-verslawing”, gebruik prostitute en teister vroue seksueel.

Verskeie gewese werknemers van ­Keohane het die afgelope twee jaar soortgelyke bewerings oor Keohane gemaak in onder meer klagtes by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

Dié en ander bewerings oor Keohane doen tans die ronde onder sportskrywers en word selfs op die sosiale netwerk Twitter gemaak.

Vrydagmiddag het Keohane, drie ure nadat Rapport hom gekonfronteer het, gesê hy het Tubby Reddy, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sportfederasie en Olimpiese Komitee ­(Saskok), in kennis gestel hy bedank as woordvoerder en gaan nie meer in ­Julie Londen toe nie.

Hy het ook bedank as ’n direkteur van Highbury Safika Media (HSM).

In dié hoedanigheid was hy in beheer van 30 tydskrifte, asook die bekroonde webwerf keo.co.za, wat jaarliks 700 000 besoekers van 220 lande lok.

Hy is die skrywer van verskeie boeke en is al as sportskrywer van die jaar aangewys.

Keohane het aan Rapport gesê daar is ’n “agenda” teen hom en hy bedank omdat hy nie kan toelaat dat “ongelukkige en haatdraende voormalige werknemers die geloofwaardigheid van HSM en ­Saskok ondermyn nie”.

Verskeie vrouewerknemers van HSM het die afgelope twee jaar dié maatskappy en Keohane by die KVBA verkla en beweer hulle is seksueel geteister en was slagoffers van sy dwelmmisbruik.

HSM het met hulle geskik en uitbetalings aan hulle gemaak, maar as deel van die skikking moes hulle ’n ooreenkoms onderteken dat hulle geen besonderhede van die eise en bewerings bekend sou maak nie.

Van die bewerings wat teen Keohane gemaak word, is:
* Hy het ’n personeellid aan die begin van die Super14-reeks in 2010 in ’n losie seksueel geteister en haar glo probeer soen. Keohane het daarna gesê hy het haar bloot uitgevra.
* Keohane het sy motor in November 2009 afgeskryf nadat hy glo twee dae lank onder die invloed van kokaïen was.
* Hy het glo ná die ongeluk sy leefstyl probeer verander, maar het ’n maand later weer kokaïen gebruik.
* Tydens die jaarlikse SAB-sporttoekennings in 2009 in Johannesburg het Keohane en verskeie ander sportskrywers glo voor die geleentheid groot hoeveelhede kokaïen gebruik. Ná die tyd het hulle drie prostitute gehuur.

Nog een van Keohane se gewese werknemers, wat ’n bestuurspos beklee het, het aan Rapport gesê dit is bekend dat Keohane dikwels “van sy kop af was” weens sy gebruik van kokaïen.

Sy het ’n emosionele ineenstorting beleef weens Keohane se wispelturige gedrag. Sy sê sy is by die maatskappy “uitgedryf”.

Keohane is ’n omstrede figuur sedert sy dae as die kommunikasiebestuurder van die Springbok-span onder die rampspoedige bewind van afrigters Harry Viljoen en Rudolph Straeuli.

Hy het bedank ná ’n rassedebakel waarby die Springbokke Geo Cronjé en Quinton Davids betrokke was. Hy het daarna keo.co.za gestig en dit aan HSM verkoop.

Keohane en HSM was ook betrokke by ’n vennootskap met die gewese Springbok-afrigter Jake White, maar dié verhouding het skipbreuk gely en in die Wes-Kaapse hooggeregshof geëindig.

Keohane is wyd betrokke by ander sakebelange van HSM en hy is die bestuurder van onder andere die Springbokflank Luke Watson, wat onlangs aangewys is as die kaptein van die Eastern Province Kings.

Keohane en HSM het sedert 2008 ’n kontrak met Saskok. Hulle doen al die reklame vir Saskok en Suid-Afrika se Olimpiese span.

Dié kontrak is glo minstens R12 miljoen werd.

Keohane sê hy het reeds regsadvies ingewin om die bewerings teen hom te beveg.

Hy wou geen verdere kommentaar lewer nie, behalwe om die bewerings teen hom as ’n persoonlike aanval op sy professionele integriteit te beskryf.

Reddy sê Saskok se kontrak is met HSM en nie met Keohane nie.

HSM moes die woordvoerder – in dié geval Keohane – aanwys.

Reddy sê as die bewerings teen Keohane waar sou wees, is sy gedrag strydig met die beeld van Saskok en sy sportlui.

Kevin Ferguson, uitvoerende hoof van HSM, sê Keohane was ’n waardevolle en produktiewe lid van sy personeel en die vele toekennings wat hy al ontvang het spreek daarvan.

Ferguson sê hy kan nie kommentaar lewer oor die bewerings van dwelmmisbruik nie, maar bevestig daar was twee jaar gelede ’n klagte van seksuele teistering teen Keohane.

Hy is destyds gevra om verlof te neem. Die betrokke saak is toe ondersoek en ’n skikking is bereik.

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Morning clouds. Cool. Pta: 13-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 8-20°C Sunny. Mild. Bfn: 2-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-20°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-17°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Verkoops Konsultante

Sunnyside
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R28 000 Per Month

Verkoops Konsultante

Hatfield
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R28 000 Per Month

Verkoops Konsultante

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R28 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!