Kerk skraap walglike plakkate van pale af

2012-07-15 00:00

Ds. Rudolph Botha van die NG gemeente Soutpansberg. | Foto: Johannes de Villiers

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As jy op ’n dorp in Suid-Afrika woon, is daar ’n sterk moontlikheid dat jy dit van tyd tot tyd in die middedorp sien: Plakkaatjies met die naam van ’n tradisionele geneser en in blokletters allerlei uitspattige beloftes oor kwale (van menstruele krampe tot impotensie) wat deur dié “dokter” genees kan word.

Woon jy egter op Makhado in die verre noorde van Limpopo, sal jy dié plakkaatjies die afgelope twee weke veel minder opmerk.

Die rede: Ds. Rudolph Botha van die NG gemeente Soutpansberg het besluit genoeg is genoeg.

Op dié dorp, voorheen bekend as Louis Trichardt, is dit veral vergrotings van manlike geslagsdele en aborsies wat maklik bekom kan word, as jy die plakkaatjies glo wat die laaste maande teen feitlik elke lamppaal en kragboks in die sakekern opgeplak word.

Sedert twee weke gelede woed daar ’n kruistog in die kleine. ’n Leërskare van die gemeente se KJA-kinders het die strate ingevaar met perspeks-skrapertjies en seepwater om die dorp van dié ongeskikte plakkate te reinig. Hoewel die handelaars in kruiedoepas hul plakkaatjies byna net so gou weer opplak as wat dit afgehaal word, belowe Botha hulle sal dit net so gou weer afhaal.

Blykbaar waardeer die gemeenskap dié inisiatief sodanig dat ’n klomp mense, van plaaslike winkeleienaars tot vroue van die plaaslike Ladies Circle, nou help om plakkaatjies af te pluk.

Toe die kerkjeug verlede Saterdag in spanne van vier tot ses lede die strate invaar, het selfs die polisie ingestem om hulle veilig te hou.

“Ons motivering is veel­sydig,” sê Botha (31), ’n geesdriftige jong leraar wat nou al sowat ses maande op Makhado werk en benewens sy herder­like pligte ook ’n avontuurplaas buite die dorp bedryf.

“Die plakkate lyk lelik en maak die dorp vuil, dit versprei leuens, dit is onwettig en daar is sedelike redes – kinders sien die goed op die advertensies raak en dit pla my as jeug­leraar.”

Ja, die onder-die-belt-beloftes op die advertensies laat van die kinders giggel, maar hy gebruik dit dan as aanknopingspunt om met hulle oor waardes te gesels.

Volgens Botha skep die advertensies ’n verwronge beeld van seksualiteit, terwyl die beloofde aborsies gewoonlik bloot pille is wat vrugafdrywing induseer en die gebruikers daarvan in gevaar stel.

Teen die afgelope Donderdag was daar op talle straatlampe net die geskeurde reste van advertensies oor.

Net op twee plekke in Songozwiweg, die hoofstraat, was daar nuwe advertensies – een vir “penisvergrotings” en een vir “goedkoop aborsies”.

Rapport
het die nommer op die eerste een gebel.

“Ontmoet my voor Steers,” het ’n vrou geantwoord.

Jy gaan na Steers en daar kom haal ’n vriendelike vrou, wat haar as Mama Mwoto voorstel, jou en neem jou na ’n kamertjie agter die taxi-staanplekke waar sy jou vrae vra wat jou laat bloos en dan ’n bakkie met groen room, omtrent so hard soos koue botter, na voorskyn bring. Dit kos R700, sê sy, maar daar is ook ’n poeier wat R500 kos.

Waar kom sy aan dié goeters?

“Dis alles tradisioneel.”

As jy dan die nommer bel wat goedkoop aborsies belowe, sê ’n stem aan die ander kant ook vir jou om hom voor Steers in te wag en van daar af weer te bel.

Toe Rapport vir dié afspraak opdaag en weer bel, is die oproep nie beantwoord nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 3-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-25°C Sunny. Mild. PE: 15-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!