Kerk wil gay prediker aanstel

2012-12-01 13:59

Abé Pieterse. Foto: Marzahn Botha

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Gesprekke oor die legitimasie van homoseksuele teologiestudente verg verdere interkerklike gesprekke oor die onsekerheid wat oor dié kwessie bestaan. 


So het dr. Braam Hanekom, ondervoorsitter van die algemene sinode van die NG Kerk, aan Rapport gesê. 

Dit kom nadat die kurato­rium van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Dinsdag eenparig besluit het om by die Algemene Sinodale Kommissie (ASK) aan te beveel dat Abé Pieterse, een van sy afgestudeerde gay ­teologiestudente, gelegitimeer behoort te word mits hy nie ’n homoseksuele leefstyl volg nie. 

Pieterse het twee keer vantevore om legitimasie aansoek gedoen, maar dit is elke keer weens sy selferkende homoseksualiteit afgekeur. 

Presies ’n jaar gelede het die NG Kerk ook met dié kwessie gestoei toe een van sy studente, Lulani Vermeulen, ook nie weens ’n homoseksuele verhouding gelegitimeer is nie. 

Sy het geweier om te verklaar sy sal selibaat leef ten einde legitimasie moontlik te maak. 

“As die VGK-verklaring beteken dat sy kuratorium ’n aanbeveling vir legitimasie gemaak het omdat Abé ‘nie-praktiserend’ gay is, is hul aanbeveling in ­wese presies dieselfde as die huidige NG standpunt,” het ­Hanekom by navraag gesê.

“Dit voel egter of daar tans steeds heelwat onsekerheid oor die kwessie van gay-legitimasie bestaan en dat kerke in 2013 ook met mekaar daaroor gesprek sal moet voer.” 

Dr. Charles Flaendorp, voorsitter van die VGK-kurato­rium, het gesê die VGK het geen probleem met Pieterse se seksuele oriëntasie nie. 

“Abé het ons verseker hy is nie in ’n verhouding nie. Hy is gay georiënteer, maar leef nie ’n homoseksuele leefstyl nie.” 

Volgens hom “het die VGK ’n groot stap vorentoe gegee”. 

Die kuratorium was baie positief dat Abé aan alle legitimasie-vereistes voldoen. 

Daar is geen kerkordelike bepalings wat hom keer om gelegitimeer te word nie. 

“Hy is ’n wonderlike kind van die Here met ’n ernstige roepingsbewustheid. Dis waarom ons eenparig was in ons besluit.” 

Luidens ’n verklaring van dr. Natie Philander, skriba van die VGK-kuratorium, “meen die kuratorium dat die sinodale besluite van die VGKSA hom nie uitspreek teen die legitimasie van die logiese kandidate wat ’n lesbiese of gay oriëntasie het, maar wat nie praktiserende lesbiërs of gays is nie”. 

Pieterse sê hy verstaan die aanbeveling van die kuratorium was “dat besluit is ek moet gelegitimeer word en dat daar op geen manier gediskrimineer gaan word teen enigiemand oor hul seksuele oriëntasie nie, hetsy praktiserend of nie”. 

Pieterse het sy BTh-graad in 2005, ’n MDiv in 2006 en sy lisensiaat in 2007 aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. 

In 2007 was hy deel van ’n uitruilprogram in Swede vir “menseregte in ’n Benede-Sahara-konteks”. In 2008 het hy as laerskool-onderwyser gewerk en in 2009 in ’n administratiewe hoedanigheid by Maties. 

“Vanjaar was moeilik, maar ek was betrokke by verskillende gemeentes, groepe en projekte.” 

Die ASK sal vroeg volgende jaar ’n finale besluit neem, het Philander gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
55 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Dis baie mooi werk, maar nou het julle sy loon gesteel, deur dit alles uit te bassuin vir almal om te sien en hom te prys! Vader se, doen jou goeie dade dat jou regterhand nie weet wat jou linkerhand doen nie, dan sal jou loon groot wees, maar, basuin dit uit en jy het jou loon gehad: Mat 6:1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. Mat 6:2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geeer kan word nie. Voorwaar Ek se vir julle, hulle het hul loon weg. Mat 6:3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, Mat 6:4 sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde. Sterkte aan die mense wat help daar, dit is 'n bitter stryd, hou moed en bly sterk in jul Skepper se Naam! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Tax manager

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R600000 - R700000

Tax Specialist

Midrand
Communicate Cape Town Engineering

Management Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.