Khoi-San-gene wys hulle is oudste unieke groep

2012-09-22 23:14

Sowat 100 000 jaar gelede, in die vroegste tye van sy bestaan, het die mensdom in twee verdeel. Een deel, wat mettertyd byna die hele wêreld sou bevolk, was die voorsate van die Afrikane, Europeërs, Asiate en inheemse bevolkings van Amerika en Australië. Die ander deel was die voorsate van Suider-Afrika se Khoi-San.

Die nasies van die aarde vorm saam ’n enorme stamboom wat deur die millennia telkens verdeel het om al meer rasse en volke te vorm, maar volgens ’n omvattende studie wat pas in Science, die wêreld se voorste vaktydskrif, gepubliseer is, was die voorsate van die Khoi-San die eerste groep wat van die res afgeskei het.

Dit maak die Khoi-San – met al hul onderafdelings soos die Nama, die !Khu en die Karretjie-mense – loshande die oudste unieke genetiese bevolkingsgroep.

Die naasoudste bestaande groep, die pigmeë van Sentraal-Afrika, het maar sowat 45?000 jaar gelede (55?000 jaar later as die Khoi-San) van die familie­stamboom afgeskei.

’n Groep navorsers – waaronder prof. Himla Soodyall van die Universiteit van die Witwatersrand en dr. Carina Schlebusch van die Uppsala-universiteit in Swede – het ’n volle 2,3 miljoen grepe uit die genoom van 220 mense ontleed in die grootste studie nog van dié bevolkingsgroep.

Hul bevinding was dat twee helftes van die mensdom (wat toe nog almal in Afrika suid van die Sahara gewoon het) hulself 100?000 jaar gelede van mekaar afgesonder het en dat die een helfte die voorsate van vandag se Khoi- en San-groepe was.

Uiteraard sou daar binne dié groep, nes in die res van die mensdom, sedertdien heelwat veranderinge plaasgevind het, sê Soodyall. Maar die waarde van die studie lê deels daarin dat dit toon ’n studie van die Khoi-San se gene is onontbeerlik in navorsing oor hoe die gene van die vroegste mense gelyk het.

Dit stel navorsers ook in staat om studies te doen van hoe Khoi- en San-groepe se gene deur die jare anders as die res van die wêreldbevolking ontwikkel het om by die omstandighede van Suider-Afrika aan te pas.

Volgens Schlebusch is daar aanduidings dat gene wat met spierfunksies, immuniteit en beskerming teen ultravioletbestraling verband hou by die Khoi-San bevoordeel is, hoewel dit nog nie duidelik is presies wat dié ­gene doen nie.

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsabe Ferreira sê... Laat my aan die Kruger-miljoene dink.... nerens te vinde. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.