Khomani San, staat hof toe oor ‘geregtigheid’

2012-07-07 23:32

Nuwe leier? John Kruiper by sy pa se begrafnis verlede naweek.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dawid Kruiper (!Xamaub!), die Khomani San-leier, was voor sy dood maande lank in gesprek met ’n Johannesburgse regsfirma en die Suid-Afrikaanse statutêre regshulpsentrum, die Legal ­Resources Centre, om “geregtigheid” vir die Khomani San te soek.
Kruiper is verlede naweek op ’n semi-staatsbegrafnis in die Kalahari ter ruste gelê.

Die Khomani San, wat ’n sukkelbestaan in die Kalahari voer, wil ’n hofbevel bekom om die regering te dwing om sy verpligtinge teenoor die groep na te kom.

Moray Hathorn van die prokureursfirma Webber Wentzel het aan Rapport gesê so ’n aansoek word oor twee weke by die hooggeregshof in Kimberley ingedien.

Die respondente is die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, die kommissaris van die grondeisekommissie en die direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming in die Noord-Kaap.

Kruiper het in ’n grondeis die regering destyds oorreed om in 1999 ses plase ter waarde van R15 miljoen in die suide van die Kalahari aan die Khomani San te oorhandig.

Die “tradisionele” en die “moderne” (groepe wat verwesters en na dorpe getrek het) Khomani San-groepe het toe hier gaan woon.

Maar ’n kommunale eiendoms-bestuurskomitee wat in die lewe geroep is om die groep te monitor, kon nie die mas opkom nie.

Ook het onderlinge verdeeldheid, swak kommunikasie, maar veral ’n tekort aan hulp van die regering die vooruitgang van die Khomani San erg gestrem.

In 2002 het die departement van grondsake ’n hofbevel bekom en is die bestuurskomitee onder die administrasie van die direkteur-generaal van grond­sake geplaas.

Die groep het bly krepeer met min basiese geriewe.

Maatskaplike probleme soos werkloosheid en drank- en dwelmmisbruik was algemeen.

In ’n verslag deur die Verenigde Nasies in 2005 oor menseregte en fundamentele vryheid van inheemse mense is aanbeveel dat “hoë-prioriteit aandag gegee word aan die behoeftes en griewe van die Khomani San”.

Kruiper se wens was dat John, een van sy drie seuns, as leier by hom oorneem.

Maar ingevolge die ontbinde komitee se grondwet moet ’n nuwe leier tydens ’n verkiesing verkies word – ’n reël waarteen Kruiper sr. erg gekant was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.