Kind ’n nag in sel

2013-02-02 23:26

Cherise Niemann. | Foto: Cornél van Heerden

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Al waaraan Charlie Niemann (29) kon dink toe sy driejarige dogtertjie kaalvoet en in haar pajamas saam met hom in die polisiesel geboender is, was om haar te beskerm teen die dronk aangehoudenes in die aangrensende selle.

Tot die volgende oggend vyfuur het Niemann, van Hazyview in Mpumalanga, oor klein Cherise in die yskoue sel gewaak.

Hy het haar eers in sy arms beskerm en toe later reg langs haar op die betonvloer aan die slaap geraak.

Die nagmerrie het begin toe Niemann Sondagaand 6 Januarie ná ’n paar biere met Cherise in sy bakkie kafee toe gery het om vir haar melk en vir hom sigarette te gaan koop. Reg voor die kafee, net ’n kilometer van sy huis, is hy in ’n padversperring vir dronkbestuur aangekeer.

Niemann hou vol hy was nie dronk nie en het vroeër die aand net twee biere gedrink toe vriende by hom kom kuier het.

“Ons vriende het huis toe gegaan en toe huil Cherise vir melk. Sy wou saam met my kafee toe ry.”

Die polisielede het die kleuter saam polisiekantoor toe geneem en glo geweier om haar huis toe te neem of hom toe te laat om iemand te bel.

Hulle het sy selfoon gevat omdat hy daarmee foto’s en video’s geneem het van ’n huilende Cherise by die selle.

Niemann beweer die polisie­lede het sy bloed voor die kind getrek.

“Hulle het nie die naalde voor my oopgemaak nie en het twee keer my aar misgesteek.

“Dit was verskriklik. My kind was histeries. Die beamptes was onmenslik. Hulle het selfs geweier om vir haar water te gee.

“Toe ons daar aankom en Cherise huil, het een gedreig om haar in ’n sel te gooi as ek haar nie stilkry nie.

“Ons is toe na ’n yskoue sel geneem. My kind het net ’n dun nagrokkie aangehad. Sy moes op die koue beton lê omdat hulle nie vir haar ’n kombers wou gee nie. Ek het gevrees vir ons lewe. Daar was ander oproerige mans in die selle om ons.”

Niemann het intussen ’n klag teen die polisie by die onafhanklike klagtedirektoraat ingedien. Hy verskyn in Julie in die hof vir dronkbestuur.

Stephanie Niemann (30), wat die egpaar se tweede kind verwag, sê sy het die ergste verwag toe die twee nie van die kafee af terugkom nie.

“Ons het Cherise by ’n berader en dit gaan beter. Sy is egter bang vir polisiebeamptes. Wanneer sy ’n polisievoertuig sien, soek sy haar pa en begin histeries huil.”

Kol. Mfundisa Makamu, stasiekommissaris van Hazyview, het by navraag gesê hy gaan die voorval ondersoek omdat hy moeg is vir onreëlmatighede by dié polisiekantoor.

“Dit is onwettig om ’n kind in die polisieselle te sit,” het hy ­gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
81 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Sales Representative

North West
Eques Technologies
Market Related

Java Developer

Johannesburg
DAV Professional Placement Group
Market Related

Sap Business Consultant 6month contract

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.