Kinders kry hier 'n hupstoot

2012-09-18 15:26



Net ’n paar dae se opleiding en ’n trommel of drie vol opvoedkundige speelgoed kan ’n groot verskil by arm dagsorgsentrums maak.

Skaars twee maande nadat personeel van sulke sorgsentrums deur die nie-regeringsorganisasie The Unlimited Child opgelei is, was die veranderings sigbaar.

By die Palesa-dagsorgsentrum in ’n plakkersbuurt aan die Oos-Rand is stilte vervang met ’n gedruis van klein stemmetjies.

Dis juis hoe dit in ’n sorgsentrum behoort te klink, sê Cassy Healey, uitvoerende hoof van die nieregeringsorganisasie The Unlimited Child.

“Kinders moet woelig en lawaaierig wees en reageer wanneer jy met hulle praat.”

By Palesa het die manier waarop die kinders versorg en gestimuleer word, handomkeer verander.

Die personeel hier en by nog twee ander sentrums in die omgewing is geleer hoe om voorskoolse kinders reg te stimuleer en om kreatief te werk met hul beperkte hulpbronne.

Healey het met ’n besoek aan Palesa skoon hoendervel gekry toe sy sien hoe goed Mirriam Mokhesi, hoof van die sentrum, ag geslaan het op die vyf dag lange opleiding.

Kinders is nou volgens ouderdomme in verskillende kamers ingedeel en die gr. R’s sit en gesels in groepies om tafels, besig met opvoedkundige speletjies.

Die mure is vol plakkate, onder meer met die daaglikse program.

Antoinette Mabunda, een van die versorgers, sê kinders wat voorheen stout was, hou hulself nou in groepies besig.

Volgens Healey het sowat 7 miljoen van Suid-Afrikaanse kinders van ses jaar en jonger nie toegang tot vroeë kinderontwikkeling nie.

Waar dit wel beskikbaar is, is dit nie noodwendig van goeie gehalte nie.

“Stimulasie van kinders is eintlik so eenvoudig, maar mense moet geleer word hoe. Dit gaan veral oor die gebruik van die vyf sintuie.

“Teen ses jaar is die brein al 90% gevorm. Die skade wat aangerig word as die brein nie voor dan gestimuleer word nie, is onomkeerbaar.”

The Unlimited Child is in 2008 deur die KwaZulu-Natalse sakeman Iain Buchan begin toe ’n werknemer se kind gr. 1 selfs ná ekstra lesse gedop het.

Toe hy uitvind hoe belangrik die eerste ses jaar vir ’n kind se ontwikkeling is, het hy besluit hy wil in arm gebiede hieraan ’n verskil maak.

Healey sê in KwaZulu-Natal bereik hul program meer as 20 000 kinders en vanjaar is dit na die Wes-Kaap en Oos-Rand uitgebrei.

Hulle raak net betrokke by volhoubare sentrums met minstens vyftien kinders en ’n voedingskema.

Ná die opleiding stuur die organisasie elke maand monitors en bly vir minstens nog drie jaar baie betrokke waarna die ondersteuning oor ’n verdere twaalf jaar afgeskaal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.