Klimaat rede vir velkleur, sê navorser

2010-03-06 23:05

Prof. Nina Jablonski

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dekades gelede was die Universiteit van Stellenbosch (US) ’n bakermat vir die soort denke wat mense volgens velkleur in groepe opgedeel het.

En daarom is dit vir haar so opwindend dat sy in die komende week ’n eredoktorsgraad juis by dié universiteit gaan ontvang, sê prof. Nina Jablonski, een van die wêreld se invloedrykste navorsers oor velkleur.

Jablonski se navorsing oor die afgelope 20 jaar het ’n kernrol gespeel in die wetenskap se poging om te verstaan hoekom mense verskillende velkleure het.

En in die komende week is dit uit dié kennis dat sy gaan put wanneer sy ’n intreerede op die gradeplegtigheid van die US gaan lewer, asook ’n eredoktorsgraad by dié instelling gaan ontvang.

Jablonski is een van die eerste wetenskaplikes wat velkleur gekoppel het aan die menslike liggaam se vervaardiging van melanien, ’n natuurlike sonskerm wat teen ultravioletstrale beskerm.

“Dit het my nog altyd gefassineer hoekom mense verskillende kleure het,” het sy dié week uit Washington oor haar navorsing gesê.

“As jy mooi kyk, sien jy donkerder mense woon gewoonlik nader aan die ewenaar en ligter mense verder daarvandaan. So dit lyk duidelik dat velkleur ’n aanpassing by die omgewing moet wees.”

Jablonski het veral Nasa se data oor die verspreiding van ultravioletstrale oor die aardoppervlak gebruik om haar teorie te formuleer dat velkleur deur evolusie by die oorvloed van of gebrek aan ultra-violetstrale in die omgewing aanpas.

“Donker velle, wat die kleur van al ons homo sapiens-voorvaders was, het in Afrika naby die ewenaar ontwikkel omdat dit ons deeglik teen ultravioletbestraling beskerm. Maar sodra party mense

80 000 jaar gelede die streke rondom die ewenaar verlaat het, het die bedreiging van ultravioletstrale veel minder geword en het hulle nie meer soveel van dié natuurlike sonskerm nodig gehad nie.”

Ver van die ewenaar af het donker velle selfs ’n probleem begin word omdat dit veroorsaak het dat menslike liggame te min ultravioletbestraling kry en gevolglik sukkel om vitamien D te vervaardig. “So, mense het gedepigmenteer toe hulle verder van die ewenaar weggetrek het en ligter geword.

“Dit is veral interessant dat die mensdom deur twee fases van depigmentasie – in sowel Wes-Europa as Asië – gegaan het. Dit wys dat dié evolusie van velkleur ’n produk van omstandighede eerder as iets noodwendigs is.”

En toe mense in Indië en die Amerikas weer nader aan die ewenaar getrek het, sê Jablonski, het hulle op hul beurt weer donkerder geraak.

Jablonski se bevindings het volgens haar belangrike politieke implikasies. Velkleur is bloot ’n aanpassing by klimaat, iets wat gereeld in bevolkingsgroepe ligter of donkerder geraak het namate hulle verder van of nader aan die ewenaar gemigreer het. “Velkleur is ’n baie swak maatstaf om mense in groepe in te deel.”

En dit is ook om gesondheids­redes belangrik, aangesien baie mense in die moderne era van versnelde migrasie in omgewings woon wat verskil van dié waarby hul voorvaders se velle deur stadige evolusie aangepas het. “Ligte mense in sonnige omgewings kry maklik velkanker, terwyl donker mense in Noord-Amerika of Wes-Europa ’n vitamien D-tekort ontwikkel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.