Kommer oor moordverdagte se toekoms

2012-09-06 10:36

KIMBERLEY. – Onsekerheid hang oor die skoolloopbaan en voortgesette onderwys van die 16-jarige seun wat vandeesweek op borgtog vrygelaat is nadat hy aangekla is van die drie moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad.

Dit kom nadat die seun se skool besluit het hy moet eerder tuis onderrig word, waarvoor die voog nie te vinde is nie.

Die beplande vergadering tussen die seun se prokureur, Stoffel de Jager, en die voorsitter van die beheerliggaam gaan nou eers volgende week plaasvind.

Intussen het die seun vandeesweek by sy voog se huis op Modderrivier en op die voog se plaas by Jacobsdal deurgebring.

Die voorsitter van die beheerliggaam en De Jager sou eergister ’n telefoonkonferensie hou nadat die beheerliggaam besluit het hulle gaan die seun nie by die skool of koshuis toelaat nie en hom eerder help om tuisonderrig te doen.

De Jager sê die vergadering is uitgestel, omdat nie al die belanghebbendes teenwoordig kon wees nie.

Berry het vroeër in ’n verklaring gesê dit is nie wenslik dat die tienerseun toegelaat word tot die skool of koshuis terwyl hy verhoorafwagtend is nie.

Die seun se voog, Bennie Heckroodt, sê hy is nie te vinde vir tuisonderrig nie.

“Ons bekommer ons egter nou nie te veel daaroor nie. Ons sal die naweek ernstig besin oor wat ons te doen staan. Ek sal dalk die seun by ’n ander skool moet inskryf. Hy is reeds soveel keer ontwrig dat ons ’n deurdagte besluit hieroor moet neem.

“Nie een van ons het dié besluit van Grey verwag nie. Dit was ’n skok.

“Ons kyk net vorentoe. Intussen kuier die seun tussen my sake-onderneming en die plaas. Saans doen hy sy skoolwerk. Ek is nie seker of hy nog op datum is nadat die skoolhoof verlede week sy skoolwerk hierheen gebring het nie.”

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê die skoolbeheerliggaam het korrek opgetree.

“Die beheerliggaam moet nie net vir die seun se veiligheid verantwoordelikheid neem nie, maar ook vir sy medeleerlinge en die personeel. Hulle moes al die partye se welsyn in ag neem en het die regte besluit geneem. Hulle verseker hom steeds van onderwys en opvoeding en het dit nie van hom ontneem nie. Sy grondwetlike regte is dus beskerm.”

Gerugte het vroeër die ronde gedoen dat die seun, wat nie meer skoolpligtig is nie, nie meer wil skoolgaan nie.

Colditz sê niemand kan die seun dwing om skool toe te gaan nie, nie eens sy ouers of voog nie.

’n Onderwyskenner meen die seun se regspan het juis die seun se begeerte om skool te gaan as ’n sterk argument in die borgtogaansoek gebruik.

“Hy kan dus nie nou sê hy wil nie meer skoolgaan nie. Die aanklagte teen hom is dat hy gesagsfigure vermoor het, net soos wat onderwysers ook is. Die beheerliggaam het dus baie versigtig opgetree.”

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . Wat het van Rocky geword wat die DA verdedig het elke oomblik wanneer iemand net skeef gekyk het na hulle? Het hy wakker geword en toe maar van gebruikersnaam verander of waarom is hy so stil? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.