Korrupsie kry ’n nuwe vyand

2012-01-21 23:12

Hoëprofiel-leiers in die sakewêreld, regskringe, kerk en akademie span vandeesweek saam in ’n nuwe organisasie om korrupsiebestryding sigbare slaankrag te gee.

Corruption Watch word Donderdag in Johannesburg bekendgestel in antwoord op die onhoudbare toename in korrupsie en die klaarblyklike onvermoë van die polisie en vervolgings­gesag om dit te beveg.

Dié inisiatief van die vakverbond ­Cosatu kom in ’n week waarin die na­sionale regering ’n bankrot Limpopo onder administrasie geplaas het en die ouditeur-generaal (OG) se bevinding dat provinsiale departemente tot soveel as ­R25 miljard in die 2010-’11-boekjaar verkwis het.

Mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), en mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, is gassprekers by die bekendstelling.

Dr. David Lewis, voormalige voorsitter van die Mededingingskommissie en uitvoerende direkteur van Corruption Watch, het bevestig hul jaarlikse begroting beloop R12 miljoen. Dit is private skenkings waaruit die salaris van 19 heeltydse personeel betaal word.

Corruption Watch sal ’n telefoonlyn en webwerf hê waar korrupsie in die staatsdiens en korrupte bedrywighede van private maatskappye wat met die regering sake doen, aangemeld kan word.

’n Spesiale eenheid met ondersoekers en regslui sal die bewerings ondersoek en dit aan die polisie, die vervolgingsgesag en die OB oorhandig.

Die moontlikheid van siviele eise gaan ook ondersoek word.

Corruption Watch se strategie en beleid sal bepaal word deur ’n raad waarin die volgende mense dien:
* Oudregter Kate O’Regan van die konstitusionele hof;
* Me. Vuyiseka Dubula, hoofsekretaris van die Treatment Action Campaign;
* Vavi;
* Mnr. Bobby Godsell, voormalige voorsitter van Eskom;
* Mnr. Mavuso Msimang, voormalige direkteur-generaal van binnelandse sake;
* Dr. Adila Hassim van die Aids Law Project;
* Emeritus-aartsbiskop Njongonkulu Ndungane van die Anglikaanse Kerk; en
* Prof. Mary Metcalfe, onderwyskundige verbonde aan Wits.

Die krisis in Limpopo, waar die provinsiale regering met R3?miljard in die rooi is, het opnuut die aandag gevestig op die korrupte wyse waarop staatsgeld bestuur en bestee word.

Andrew Trench berig die verkrygingsprosedures van Limpopo se provinsiale regering is deurspek met korrupsie, ongerymdhede en kontrakte met staatsamptenare. Luidens die OG se verslag vir die 2010-’11-boekjaar kon die onderwysdepartement in Limpopo nie stawende dokumente voorlê nie vir kontrakte ter waarde van R150 miljoen wat aan staatsamptenare toegeken is.

Voorts kon ouditeure nie bepaal of 27 kontrakte van die departement van openbare werke wettig toegeken is óf wat die waarde daarvan is nie.

Die departement van gesondheid het 11 kontrakte ter waarde van R25 miljoen aan staatsamptenare toegeken en een amptenaar het selfs ’n kontrak van bykans R4,5 miljoen by die gesondheidsdepartement losgeslaan.

Die verslae toon kontrakte is toegeken aan tenderaars “wat daarvoor bekend is dat hulle op ’n korrupte of bedrieglike wyse om die kontrak aansoek gedoen het”. Ander het strydig met wetgewing regeringskontrakte ontvang terwyl hulle nie belastingsertifikate het nie.

***

Ingevolge ’n ontleding van mnr. Terence Nombembe, ouditeur-generaal, se ouditverslag vir die 2010-’11-boekjaar het die volgende provinsiale regeringsdepartemente die meeste geld verkwis:

* Noord-Kaapse departement van gesondheid: bykans 43% of R1,1 miljard van sy begroting van R2,6 miljard;
* Gautengse departement van vervoer: meer as 36% of R2,2 miljard van sy begroting van R6,1 miljard;
* Noordwes se departement van openbare veiligheid: bykans 28% of R94 miljoen van sy begroting van R337 miljoen;
* KwaZulu-Natal se departement van sport en ontspanning: 24% of bykans R74 miljoen van sy begroting van R307 miljoen;
* Gauteng se departement van infrastruktuurontwikkeling: 24% of R292 miljoen van sy begroting van R1,2 miljard.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.