Kotie wys wat in haar broek steek

2009-10-03 22:20

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy is ’n afgetrede operasangeres, maar sy het ’n vuiler bek as Fokofpolisiekar.

En hoewel sy nog bitter is daaroor dat Min Shaw haar om die hoofrol in Hoor my lied uitgestof het, sing sy deesdae self die Heideliedin kroeë.

Party mense sal nog kopkrap oor hoe dit gebeur het, maar tannie Kotie de Villiers, ’n 68-jarige vrou van statuur (“Ek praat graag op oggendtees met dames”), het sonder ’n begroting, sonder ’n bemarkingspan en sonder enige skaamte op die pas afgelope Aardklop-kunstefees ontpop as Potchefstroom se belowendste en waarskynlik mees omstrede sanger.

Met?liedjies?soos?Pantser jou lelie en Skraap jou uterus (Kotie sing graag oor geslagshigiëne sedert sy jare gelede ’n artikel daaroor in Sarie gelees het) het sy ’n klein, maar snel groeiende groep avant-gardiste na die ­Rivercafé op Potchefstroom begin lok?met haar ginekologies-geïnspireerde repertoire. Skraap jou uterus sing sy op ’n deuntjie wat deur Saai die waatlemoen geïnspireer is.

Haar een lied lui: “Saaier saai jou saad / saai jou saad / nege maande later / daar breek die water.”

Kotie is ’n vrou van teenstrydighede. Vrydagaand het sy die lang note van ’n Italiaanse aria oor die Potchefstroomse dam laat draal, maar Blaas die pampoenstingel is ook in haar repertoire.

Dié is geskryf nadat iemand op haar webruimte (www.kotie.co.za), waar sy aan vroue ginekologiese raad gee, raad gevra het wat eerder aan ’n uroloog gerig moes wees.

Sy het ook die afgelope week op Facebook en Twitter gedebuteer. Op laasgenoemde maak sy opmerkings oor ongemaklike ingroeihare. Binne ure is sy oorval deur belangstellendes wat haar op die internet wil volg. Nou dink sy aan ’n CD en ’n toer saam met haar begeleier, Krotoa Olwage.

Mnr. Pierre le Grange, Kotie se skepper, vertel mense besef nie altyd dat iemand anders onder Kotie se rok en grimering skuil nie.

“Mense het al van Thabazimbi gebel om te vra of Kotie by ’n oggendtee sal kom praat. Toe vind ons uit die geleentheid is ’n geldinsameling vir ’n evangelisasie-uitreikingsprojek. Toe moet ek ’n skoner teks skryf wat sy in mak omstandighede kan gebruik.”

- Rapport

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.