Kragkrisis kom straks weer as koue nie wyk

2012-09-09 01:07

Die Koeberg-kernkragsentrale naby Kaapstad waar die eenheid 2-opwekker Vrydagaand noodgedwonge afgeskakel moes word. | Foto: Sapa/Mark Wessels

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrikaners moet hulle begin voorberei vir nóg ’n moontlike kragkrisis indien die koue weer te lank voortduur.

Eskom moes die afgelope week skarrel om te verhinder dat die elektrisiteitsnetwerk in duie stort toe spitsverbruik die hoogte ingeskiet het weens die snerpende koue landwyd.
Die kragverskaffer is paniekbevange oor die druk wat die koue weer op die nasionale kragnetwerk plaas.

Eskom moet al hoe meer onvoorsiene onderbrekings by sy kragstasies landwyd hanteer terwyl die aanvraag na krag meer word. Volgens Eskom se weeklikse bulletin oor die land se krag­situasie is sy totale opwekkingsvermoë tans gevaarlik laag op sowat 34 800 MW in vergelyking met verlede jaar toe dit 42 000 MW was.

Die kragverskaffer verloor tans sowat 1 635 MW se opwekkingsvermoë weens onvermydelike instandhoudingswerk en ­sowat 6 429 MW weens onbeplande onderbrekings by sy kragsentrales.

Eskom moes boonop Vrydagaand die eenheid 2-opwekker by Koeberg, sy Wes-Kaapse kernkragsentrale, afskakel weens ’n fout met die opwekker.

Hilary Joffe, Eskom se kommunikasiehoof, erken dit het op ’n slegte tyd gebeur, maar tog verwag sy nie kragonderbrekings nie.

Die spits-aanvraag was Donderdag 33 748 MW en Eskom het toe net 1 090 MW se reserwekrag gehad.

Eskom het die afgelope week sy gasturbine-opwekkers aangeskakel wat net in noodsituasies krag voorsien.

Daarby is aluminiumsmelters afgeskakel én van sy grootste kliënte se toevoer gesny.

Nogtans was daar vrese dat hy nie in die aanvraag in spitstyd sou kon voorsien nie.

Joffe sê Eskom is bekommerd dat daar heeltemal te min reserwekrag is wanneer kraggebruik die hoogte inskiet en dat dit op ’n krisis afstuur indien enigiets sou verkeerd loop.

Die situasie word vererger deur die onderbrekings wat al hoe meer by sy kragsentrales voorkom, sê Joffe.

Volgens haar moes Eskom reeds begin het met sy jaarlikse geskeduleerde instandhoudingswerk in die somer.

Dít word telkens uitgestel weens die spits-aanvraag na elektrisiteit wat die hoogte inskiet elke keer wanneer die land bibber, sê Joffe.

“Die netwerk is onder geweldige druk en ons doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om hul verbruik te verminder, veral gedurende spitstye van 17:00 tot 19:00. Die belangrikste tyd om jou ligte af te sit is tussen 18:00 en 19:00.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.