Kry kar, huis, werk ‘met pen se kliek’

2012-09-29 23:25

Onderwysers en verpleegsters met universiteitsgrade en diplomas kan ná die stakings in die myn­bedryf minder as mynwerkers verdien.

Die land behoort bekommerd te wees hieroor, sê prof. Jonathan Jansen, rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat.

Jansen het tydens sy presidentsrede by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sy kommer uitgespreek oor die sneeubal-uitwerking wat die jongste looneise vir die land kan inhou ná die Marikana-slagting en die skikking vir ’n 12%- verhoging.

Die vervoervakbond Satawu se vragmotorbestuurder-lede staak ook tans vir beter lone en dring ook aan op ’n 12%-verhoging omdat “Marikana-werkers dit reggekry het”.

Luidens ’n verslag van die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) wissel die jaarlikse intreevlak-salaris van gekwalifiseerde onderwysers van R69?126 tot R113?808.

’n Professionele verpleegster met ’n vierjaarkwalifikasie verdien op intreevlak in die staatsdiens volgens navorsingsverslae van die departement van arbeid tussen R86?000 en R106?000 per jaar.

Maatskaplike werkers met ’n vierjaargraad op dieselfde vlak verdien tussen R75 411 en R109 062 per jaar.

By die Lonmin-myn by Marikana sal werkers R12 500 ná belasting verdien.

Hulle sal na raming sowat R150 000 per jaar verdien.

Volgens Jansen is dit nog te vroeg om die dieper betekenis van die Marikana-myntragedie te bepaal, maar dis vir hom duidelik dat dié mynwerkers glo hulle kan groot materiële voordele bekom sonder die harde, lang pad van opvoeding en opleiding.

“’n Eis van R12 500 ná belasting is meer as wat ’n intreevlakonderwyser met ’n graad en ’n onderwysersdiploma ná aftrekkings huis toe sal neem.

“Die moed van die Marikana-eise het soos ’n veldbrand na ander sektore versprei,” sê Jansen.

Jansen sê hy veroordeel nie die duidelike behoefte aan beter salarisse en beter toestande vir diegene wat in die gevaarlike mynbousektor werk nie.

“My punt is ’n breër een: Die gierige skaal van die salariseise en die dodelike vasbeslotenheid om dit te bereik, stel ’n ander pad na finansiële welstand voor as dié van opvoeding en opleiding.”

Volgens hom wil die mynwerkers ook die weelderige leefstyl volg wat hulle sien by hul vakbondleiers.

Jansen sê die desperate roete na mag en voordeel sonder opvoeding en opleiding is ook te sien in die politieke arena.

“Die gereelde sluipmoorde op opponerende raadslede in die armste gebiede, soos die onlangse moorde op die KwaZulu-Natalse Suidkus, bevestig die waarneming van Joel Netshitenze (’n ANC-intellektueel) dat ‘’n man met die kliek van ’n pen kan vorder van ’n langtermyn-werklose tot ’n werk, huis en motor’. Weer eens sonder die arbeid van opvoeding en opleiding.”

“Dat die mees charismatiese onder ons nasionale leiers enorme welstand en voordeel sonder persoonlik beleggings in onderwys en opleiding bekom het, moet ook erg aantreklik wees vir die miljoene jeugdiges wat sedert 1994 deur die skoolstelsel in die steek gelaat is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.