Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Kweek porno nou ook jong verkragters?

2010-03-06 23:05

Sy onthou spesifiek een 12-jarige seun wat ’n 5-jarige dogtertjie verkrag het.

“Hy het volgens die dogtertjie allerlei snaakse posisies met haar probeer.

“Toe ek hom vra waar hy dit geleer het, toe sê hy vir my hy het dit op TV gesien,” vertel me. Zelda Hattingh, voormalige inspekteur in die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings.

Ook ander seuns in die Kwa-Zulu-Natalse dorp waar die voorval plaasgevind het, het dié 5-jarige meisie verkrag, dikwels met soortgelyke stories.

In die debat die afgelope week oor MultiChoice se aankondiging dat hulle die beeldsending van ’n kanaal met volwasse inhoud oorweeg, is statistieke deur sowel die voor- as teenstanders van pornografie aangehaal.

Maar Hattingh se stem is een van ’n groep wat nog nie gehoor is nie – beraders wat eerstehands by jeugdige seksoortreders (self nog kinders) gehoor het hoe hulle deur TV-pornografie aangevuur is om met seks te eksperimenteer.

Sy rits die voorvalle af. Drie seuns van agt en nege jaar oud is byvoorbeeld deur haar oor hul premature seksuele gedrag ondervra.

“Hulle het spesifiek in hul verklarings gesê dat hulle die seks op TV gesien het en dit wou probeer.”

En nog: “Ek het een keer ’n kind van sewe jaar gekry wat ’n sesjarige probeer verkrag het. Hy sê heel onskuldig vir jou hy het dit op TV gesien.

“Hoe straf jy so iemand?”

Hattingh is nie die enigste wat so ’n tendens opmerk nie.

’n Maatskaplike werker wat in plakkerskampe rondom Pretoria werk en nie sy naam kan noem nie weens die aard van sy werk, vertel hoewel dit nie deur statistici bevestig is nie, sien hulle wel anekdotiese getuienis van ’n skakel tussen seksuele geweld deur minderjariges en die geredelike beskikbaarheid van pornografie. Hy onthou ’n saak waar kinders van 14 en 15 jaar oud ander onsedelik aangerand het.

“Hulle het gesê hulle het dit êrens gesien en toe begin eksperimenteer.

“Ons sien ’n toename in seksuele geweld soos wat pornografie op selfone en elders meer beskikbaar raak.”

Indien daar maatreëls is om kinders van pornografie weg te hou, behoort dit nie kinders tot seks-misdade aan te vuur nie, vertel me. Dumisile Nala, uitvoerende hoof van die beradingsdiens Childline.

Maar ongelukkig woon ’n enorme klomp Suid-Afrikaanse kinders in huise en gemeenskappe waar niemand ordentlik oor hulle toesig hou nie.

“Daar is soms kinders so jonk as agt of selfs vyf jaar wat onsedelik begin optree nadat hulle aan so iets blootgestel is.

“Hulle is so jonk dat jy hulle nie eens seksmisdadigers kan noem nie.

“Hoe gereeld hoor ons nie van jong seuns wat ander kinders verkrag nie.

“As ons dan in beradingsgroepe met hulle praat, sê hulle dat hulle tuis op pornografiese materiaal afgekom het en dit toe self wou probeer.”

Lewer kommentaar op dié storie


anti-porn 3/9/2010 4:04:41 PM
I rest my case
danman 3/9/2010 6:51:01 PM
na bewering het Dirk Prinsloo ook n beheptheid met pornografie.Hy was n regsgeleerde en n volwassene..NATUURLIK moet dit n effek op jong en ongekunstelde mense he.MULTICHOICE,Geld is nie die verwoesting werd nie!!Begin jul die morele rennaissance.Suid Afrika is op soek na n held...
Stefan 3/9/2010 8:23:44 PM
Kom ons verban sommer die internet ook, hopeloos te veel porn...

Skrik wakker, kinders word bloot gestel aan die tipe goed of julle hou daarvan of nie.

Dis die slapgat ouers se verantwoordelikheid om hulle kinders op te voed. Is hulle bang hulle tv-nanny gaan nou nie meer so doeltreffend wees as voorheen nie?

Hopeloos te veel vet ou tannies het op hulle perdjies gespring na die bekendmaking van MultiChoice se planne, seker bang pappa gaan in die aand sodra mamma kiep voor die tv inskuif.

As JY nie wil porn kyk nie, moenie. Dis so eenvoudig soos dit. Moenie jou politieke of geloofs siening in iemand anders se keel probeer afdruk nie.
petrus 3/10/2010 2:34:06 AM
Porno is maar net nog 'n euwel wat lei tot egskeidings, geweld en seksuele misdrywe. Kinders behoort nie eens te weet daar bestaan so iets nie, maar ons adverteer/vertel en wys dit daagliks vir hulle op TV, advertensies en ander. Sodra ons ophou adverteer, en liefde, familiewaardes en alle mooi dinge adverteer, sal geweld en seksuele misdade nie verdwyn nie, maar wel vereger!
Nicole Pretorius 3/10/2010 10:45:18 AM
Die veiligheid en emmosionele welstand van 'n nasie jong seuns en meisies weeg swaarder as diegene wat graag pornografie wil kyk. Hoe makliker pornografie beskikbaar is hoe meer kinders gaan daaraan blootgestel word en hoe meer lewens gaan verwoes word. Ted Bundy was at tiener aan geweldadige pornografie blootgestel. Dit behoort geheel en al verban te wees agv die risiko vir verwoesting en geweld wat dit aanmoedig. Pedofiele sal hierdie as 'n goeie geleentheid sien om kinders te nooi om saam te kyk sodat hulle op 'n jong ouderdom geintereseerd sal wees in seks. Diegene wat se moenie kyk as jy dit nie wil sien nie, verstaan nie die omvang van die probleem nie. Dirk en Cezanne se pornografie verslawing het op die ou end in ander mense se gesigte ontplof.
Andre 3/11/2010 2:27:04 PM
Nonsens man! Pornografie is koning en lekker om te kyk! dit maak n man wild lus en sien dan kans vir baie! as ek uitgaan in die aande en tel n girl op, dan sal ek altyd daarop aandring om n home video te maak. na die tyd kan ek lekker daarna kyk, of saam met n ander girl kyk wat ek huistoe bring! niks fout daarmee nie!
antonv 3/11/2010 9:41:26 PM
Jy kan maar gaan kyk - die meeste mense wat sogenaamd teen die porn is, is juis die ouens (en vrouens) wat die skelm gaan kyk en die kat in die donker knyp. Ek glo daar is so paar opregte agtergeblewenes wat nie tred met tyd hou nie en opreg beswaar maak uit onkunde. Porn pleeg nie misdade, die mense doen.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2009
R 169,000.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2008
R 125,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...