Kyk mooi! Van Coke Kartel speel Keuzenkamp

2012-01-31 14:24

Van hardebaard-rockmusiek tot Carike Keuzenkamp.

Aanhangers van die rockgroep Van Coke Kartel kon hul oë nie glo nie toe hulle hul musiekhelde gladgeskeer en opgedollie in “ou tannie-klere” in hul jongste musiekvideo sien. Kompleet met netjiese A-lynrompies, shoulder pads, sykouse, hoëhakskoene en frilletjie-bloese.

Die musiekvideo, Dis ’n land, is ’n sinspeling op Carike Keuzenkamp se gelyknamige treffer in die laat 1980’s. Dit herhaal enkele reëls van die oorspronklike lirieke, maar die res is bloubloed-Van Coke Kartel: “Dis ’n land van liefde vir drank” en “Dis ’n land van korrupsie en goddank” sing die voorsanger, Francois van Coke, met rooigeverfde lippe.

“Dit is iets heeltemal anders as wat ons al aangepak het,” sê Wynand Myburgh, baskitaarspeler van Van Coke Kartel. “Ons video’s is gewoonlik hard core, maar hierdie keer is ons omgepraat om iets anders te doen.

“Die tannie-van-die-80’s-idee was ietwat weird, maar op die ou end het ons baie pret gehad. Die feedback van ons fans is ook baie positief.”

En wat sal “tannie” Carike sê?

“Nee wat, sy is self ’n performer, ek dink sy sal waardering daarvoor hê.”

Die manne moes al om 06:30 aanmeld (om vooraf gepoeier en ge-paint te word) en die opname was eers 15 uur later klaar.

Die hoëhakskoene was glo die ongemaklikste deel van die hele ervaring, “maar ons het dit tussendeur die shoots uitgetrek”.

Hoewel Keuzenkamp die video nog nie gesien het nie, vind sy die idee van vier rockmusikante uitgedos in “tannieklere” nogal snaaks. “Ons lag vandag self oor hoe ons destyds aangetrek het,” sê dié gewilde sangeres wat al sedert 1967 optree en steeds op die verhoog te sien is.

“Ek dink dit is goed dat die jongklomp belangstel in die musiek van die tagtigs.”

Oor die leen van haar lirieke sê sy “kunstenaars leen mos maar so by mekaar”. “Ek self het Suikerbossie eenkeer so aangepas.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.