Kyk wie's terug!

2012-12-16 01:28

Glenda met haar luislang Oupa in die 1970's.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

40 jaar gelede het die ontkleedanseres Glenda Kemp se naakte gewriemelry op rookgevulde verhoë en by private partytjies die land aan die praat gehad.

Sy was net 25 jaar oud toe Rapport dié oud-hoofmeisie van Swartruggens in 1973 as sy nuusmaker van die jaar aangewys het.

Soveel dekades later het herinneringe van haar wilde lewe gister opgekom by die 63-jarige Kemp-Harper, nou in haar tweede huwelik, wat met Rapport gesels het oor haar outobiografie, Glenda Kemp – Snake Dancer.

Dit het pas verskyn.

Sy was in die PheZulu-Safaripark buite Durban weer in die “geselskap” van dié rekwisiet wat haar beroemd-berug gemaak het: ’n luislang. Oupa, haar destydse dansmaat, was amper so bekend soos sy.

Sy het aan die begin van haar ontkleedansjare in Hillbrow die sware slang (daar was ’n hele paar, almal Oupa genoem) in ’n stootwaentjie klubs toe gestoot.

Nou het slange vir Glenda ’n heeltemal ander, godsdienstige, betekenis.

Dis die simbool van haar Christenskap wat sy elke dag uitleef.

“Moses het die slang in die woestyn hoog op ’n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word sodat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe kan hê,” haal sy Johannes 3:14-15 aan in haar outobiografie.

“Rapport het my so te sê gemaak,” sê sy oor haar besluit om dit eerste aan Rapport beskikbaar te stel.

Glenda het soveel geld gemaak – soms vyf vertonings per aand in die Kerstyd – dat sy haar eerste huis in Parkmore, Sandton, kontant kon koop.

Dié geld het sy in ’n “beskuitblik” gespaar, skryf sy.

Sy het die inhoud op die oorblufte eiendomsagent se tafel leeggemaak.

“Die hele bedrag in kontant, die note was aan mekaar gebind met duisende rekkies.”

Haar kinderjare was hel.

Sy is as jong tiener deur haar stiefpa gemolesteer en het drie jaar in ’n weeshuis in Potchefstroom deurgebring.

Dáár is sy “gered” deur “oom en tannie Baumbach” wat haar in pleegsorg geneem het in Swartruggens.

Hier het sy tydens haar hoërskooljare geblom.

As student aan die “uiters konserwatiewe” Goudstadse Onderwyserskollege het sy van die Here afgedwaal, skryf Glenda.

Sy het bedags klas geloop en saans in die geheim gedans. Haar eerste werk was in ’n Hillbrowse bordeel, waar sy tussen optredes deur aan haar Bybelstudie-projekte vir die onderwyserskollege gewerk het.

Die baas van die bordeel was uiters beskermend teenoor haar.

“Dít was die patroon van my hele tien jaar lange dans- en ontkleedans-loopbaan... God het altyd iemand daar geplaas om my te beskerm in elke situasie.”

Op 29-jarige ouderdom het Dirk de Villiers ’n rolprent oor haar lewe gemaak.

Dit het misluk omdat dit te “mak” was vir Suid-Afrikaanse gehore, sê sy.

Glenda het een kind, Kim, gebore uit haar eerste huwelik met Karl Kocawara.

Sy wy omtrent die laaste derde van die boek aan haar Christenskap en haar betrokkenheid by die Bluff Chris­tian Academy en Bluff Methodist Youth Group in Durban.

Sy is betrokke by Bybelstudie en sekere Sondae bid sy vir mense wat dit vra.

Haar boek is te koop by Kindle en Amazon.

In die jare sewentig het Glenda Kemp het die bladsye van Rapport gereeld gehaal.

“Ag nee, sies, Glenda,” was die opskrif van een van die die eerste berigte oor haar, op die agterblad, op 16 September 1972.

“Swartruggens, ’n rustige Wes-Transvaalse dorpie, was geskok en verslae. Een van sy belowendste dogters, die blou-oog Sondagskool-onderwyseres en voomalige hoofmeisie het ‘afgedwaal’ en ’n ontkleedanseres geword.

“Sy is Glenda Kemp, alias Natasha, die slangmeisie van Johannesburg, wat haar klere in die buurstate uittrek en in Johannesburg net in ‘n deurtrekkertjie en sterretjies met ‘n yslike slang wriemeldans.”

En op 19 November 1972, ’n voorbladberig: “So iets het Randburg nog nooit getref nie! Glenda Kemp, het Vrydagaand haar kaal uitgetrek voor ’n gehoor van uitgesoeke Afrikaanse sakemanne en hul vroue.

“Van die mans het haar borste met olie besmeer. Teen die einde van die vertoning was van die manne rasend.”



Glenda Kemp soos sy vandag lyk. | Foto: Jonathan Burton

Lewer kommentaar op hierdie artikel
110 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cornel Rothmann sê... Ons het 'n splinternuwe matras gekoop en die oomblik toe ons dit op die bed sit en my beddegoed oortrek toe wriemel daar sulke splinteragtige goggas uit die matras en as mens dit "sqhuus" dan kom daar bloed uit die goggas. Die matrasfabriek eienaar insinueer dat dit van my bed afkom...... my ou matras is teruggesit en daar is nikkkkkksssss,,,,,,,, Hoe lank moet ek kalm en ordentlik bly????? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.