KykNET 'herhaal g'n te veel'

2012-02-04 22:50

Molly & Wors

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kykers van kykNET wat kla oor te veel programherhalings op dié Afrikaanse televisie-kanaal, en dat die kômmin Molly & Wors-gesin vlak kykstof is, maak ’n aanname wat nie met kykNET se syfers strook nie.

kykNET is straks die kanaal met die minste herhalings op DStv.

En Molly & Wors is die gewildste program op kykNET.

KykNET het die afgelope week gesê hy saai per week slegs ’n uur en ’n half se programme wat reeds op TV was in hul premier-gleuf uit.

Hierby, sê mnr. Haddad Viljoen, kykNET se woordvoerder, bied hulle hul kykers 35 uur per week nuwe inhoud.

“Ons kry klagtes oor ons herhalings, maar dit help nie ons vertoon nuwe programme deur die dag terwyl die meeste van ons kykers by die werk is nie.

“Dus kan ek met eerlikheid sê kykNET is dié kanaal wat die minste herhalings wys in die premier-gleuf van 17:00 tot 21:00.”

Tans word slegs Fiesta, Die Casper Rasper Show en Kriminele meesterbrein heruitgesaai op kykNET.

Die kanaal saai ook elke week ’n klassieke TV-reeks uit wat uit die SAUK se argiewe kom.

Tans word Gazette met Joanie Combrink gewys.

“Ons saai Fiesta uit omdat ons tradisioneel die beste feesprogramme van die vorige jaar uitsaai.

“Kriminele meesterbrein was in 2007 laas op die lug,” sê Viljoen.

“Die kykNET-skedule het op die oomblik die minste seisoenherhalings wat dit tot nog toe gehad het. Ons vind dat van die baie ou klassieke reekse, soos Willem en Sterretjie, wat ons nou weer uitsaai, besonder gewild is. Ons kry ook heelwat versoeke vir ou reekse en flieks.”

In briewe van kykers loop kykNET ook deur oor programme soos Molly & Wors en Skerp.

“Die beeld wat dié programme uitdra, is dat ons Suid-Afrikaners maar eintlik kômmin en agter die klip is,” het een kyker die afgelope week in Beeld se briewekolom uitgevaar.

Molly & Wors is desondanks die kanaal se gewildste program en skop steeds stof in die oë van programme soos Binneland, Villa Rosa, eNuus en selfs Kwêla.

Viljoen sê daar is ’n magdom opwindende nuwe programme op pad vir 2012, waaronder dramareekse, komedies, speletjies, werklikheid- en leefstylprogramme.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.