Laaste 2 perde moes hy verkoop

2012-08-12 00:10

Piet Serdyn op Moorreesburg by ’n perdewa wat hy onlangs gerestoureer het. Serdyn het al sy geld, wat hy by Herman Pretorius belê het, verloor. | Foto: leanne Stander

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Piet Serdyn van Moorreesburg – voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vlaamse perd-genootskap en een van die land se voorste perdekarbouers – moes pas sy twee perde laat gaan.

“Ek het nie meer geld om vir hulle kos te koop nie,” sê hy.

Serdyn (70) en sy vrou, Sienie, het alles waarvoor hulle vir hul aftrede gewerk het in die berugte beleggingskema Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) van die Abante-groep verloor wat deur wyle Herman Pretorius van Welgemoed in Bellville bestuur is.

Die totale bedrag wat glo deur Pretorius se toedoen in die niet verdwyn het, is nog onbevestig, maar dit blyk sowat R1,8 miljard te wees.

Dis die spaar- en aftreegeld van sowat 3 000 goedgelowige beleggers wat langer as ’n dekade deur Pretorius en sy span ’n gat in die kop gepraat is.

Pretorius (55) het twee weke gelede ’n vorige vennoot, Julian Wil­liams (37), glo tydens ’n woordewisseling doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg.

Die RVAF-trust is intussen gesekwestreer en kurators probeer die web van verdoeseling en moontlike bedrog ontrafel.

Serdyn probeer moedig wees, al het hy elke sent van die opbrengs van sy plaas, Kleinkarnmelksvlei in die Moorreesburg-distrik wat hy in 2003 verkoop het, by Pretorius belê. Die egpaar woon nou op die dorp.

“Skielik begin ’n mens wonder oor dinge wat jy altyd outomaties gedoen het: Jy dink oor of jy vanaand gaan stort of nie. Jy skaal af. Jy draai elke sent om, want jy weet nie of daar weer dividende in jou rekening inbetaal word nie.”

Dis nie dat Serdyn blindelings by Pretorius belê het nie. Hulle het mekaar donkiejare lank geken.

Pretorius was immers ’n polisieman op Piketberg, selfs kommandolid toe Serdyn RSM daar was. Hy het Pretorius se gesin geken, was drie keer met konsultante in sy luukse kantoor en het sy vrou, Susan, by ’n vergadering ontmoet.

“Van sy gesinslede was glo trustees van RVAF en het vir hom gewerk.”

Serdyn sê Pretorius het hom gereeld oor sy beleggingsituasie ingelig.

“Daar was kwartaallikse verslae. Jy kon jou rente kry op ’n maand-aanvraag-grondslag – jy moes voor die sewende van elke maand aanvra wat jy wil hê. Dan word dit voor die sewende van die volgende maand uitbetaal.

“Hy het wel nie administrasietariewe gevra nie, maar vir dié transaksie jou maand se renteverdienste gehou. Ek het in Maart nog my rente op aanvraag gekry. Nege jaar lank het alles klopdisselboom geloop.”

Wat hom die meeste ontstel, is dat mense nou rondhardloop en “moord” skree ook vir Pretorius se konsultante, “van wie daar op Moorreesburg alleen vyf is. Dit sal mos nie reg wees as al hul kommissie nou gevat word nie. Dit was hul brood en botter!”

Hy reken daar is in die Swartland, tot Langebaan aan die Weskus, sowat 400 RVAF-beleggers, sê Serdyn.

“Ek weet ook van mense in Riversdal en Stilbaai.”

Pretorius het altyd oop kaarte gespeel, sê Serdyn.

“Totdat dit anders bewys word, is Herman steeds bo verdenking by my.

“Ja, ek lees van die luukse huise in Hermanus en Welgemoed. Maar kom ons sê hy het R40 of R60 miljoen hieraan bestee – waar is die ander honderdmiljoene? Dit kan mos nie net verdwyn het nie? En het ouditeurs en die belastinggaarder dan nie jare lank boek gehou nie?”

Jy kan maar sê sy plaas se geld is weg, sê Serdyn.

“So lyk dit vir my. Want net ná die skietery het ek onmiddellik my geld opgevra. Tot vandag het ek nog geen reaksie gekry nie.

“Ek kon ’n goeie lewe gemaak het. Maar só, sonder ’n inkomste, kan ek nie aangaan nie.

“Ek het nog twee mense wat vir my werk. Hoe kyk ek hulle nou in die oë? Dis nou ’n kwessie van geloof en hoop. Ek vat dit maar soos dit kom. Ek glo daar sal ’n uitkoms wees. ’n Mens kan alles verloor, maar jy verloor nie jou God nie.”

Als is nog nie verlore, sê kenner

Die 3 000 beleggers wat hul spaar- en aftreegeld aan die beleggingstrust Relative Value Arbitrage Fund (RVAF) toevertrou het, moenie hoop verloor nie.

So sê Hans Klopper, besturende direkteur van Independent Corporate Recovery, waar sy kollega, Rynette Pieters, een van die kurators is wat aangestel is om die sekwestrasieproses van die RVAF-trust te behartig.

Klopper sê dit is interessant dat dit meestal Afrikaanse mense is wat val vir die vals beloftes van sulke skemas, “soos wat in die geval van die King-groep, Sharemax en Picvest gebeur het”.

In die geval van die Highveld Sindikasie-maatskappy in die ­Picvest-groep het hy en sy span in Desember verlede jaar ’n “ondernemingsreddingsplan” vir die 18 321 beleggers saamgestel.

Sowat R4,5 miljard aan beleggings is betrokke.

“Sedert dié reddingsplan bindend geword het, het hulle nog elke maand hul rente-opbrengste ontvang, al was dit in moeilike omstandighede.

“Dié beleggers is aansienlik beter daaraan toe as die beleggers in skemas wat insolvent gegaan het of gelikwideer is.”


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Sunny. Mild. Pta: 3-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 0-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -1-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-19°C Mostly sunny. Cool. PE: 8-17°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!