‘Laat my met rus,’ sê vrou ná pikkewyn-mis

2012-10-07 00:19

Barbara Wallers kla die pikkewyne neem oor op Stony Point. | Foto: Nasief ­Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die pikkewyn wat haar slaapkamer bemors het, was die laaste druppel wat die emmer vir Barbara Wallers van Stony Point in Bettysbaai in die Wes-Kaap laat oorloop het.

“Ek het die pikkewyn met ’n vlieëplak geslaan en uit die huis probeer jaag, maar dit was net pikkewynpoef oral.”

Wallers woon sedert 1947 in Stony Point en sê sy kan die pikkewyne se geraas en stank nie meer verduur nie.

“Ek het saans tot 100 pikkewyne op my grasperk.

“Nie net word die tuine verniel nie, die geraas wat hulle maak is snags so erg dat ek nie kan slaap nie.

“Boonop is die diere ’n gesondheidsrisiko. Ek het permanent sinus.”

Nie al die inwoners stem saam nie.

Rulay Oncker is die toesighouer van die Stony Point-pikkewynkolonie van die Overstrand-munisipaliteit.

“Jy hoef net na die pikkewyne te kyk, dan is jou dag sommer weer reg.

“Sommige het selfs name, soos Mad Max, Maximus en Jewels.

“En die mens kan soveel by die pikkewyne leer. Hulle cheat nooit op hul maat nie.

“Bring ’n bietjie van ons bekende mense hierheen...

“Die broeikolonie is al van 1982 af hier. Toe was ons die kleinste in die land.

“Vandag het ons 4 000 Afrika-pikkewyne op Stony Point wat dit die tweede grootste kolonie in Suid-Afrika maak.”

Sy sê die huiseienaars het gewéét van die kolonie toe hulle destyds hul eiendom gekoop het.

Tot 1 000 besoekers per dag loop op dae soos Kersfees en vakansiedae deur die kolonie om die pikkewyne van nader te beskou.

“Die Here gee die pikkewyne vir ons. Ek sien ons mense in hulle.

“Dis boonop pikkewyn se land dié,” sê Nella Marais van Vredenburg wat na die pikkewyne op Bettysbaai kom kyk het.

Vir Cuan McGeorge van Kaapse Natuurbewaring gaan dit alles oor die groter prentjie.

“Die mens het die pikkewyn al hoe meer uit sy natuurlike omgewing verjaag.

“Ons moet na hulle kyk en hulle bewaar,” sê hy.

Een van die inwoners wat naby aan Wallers bly, sê daar is tans ’n broeipaar onder die houttrappe van haar stoep.

“Ek probeer vir hulle ’n vibe stuur dat hulle welkom is,” sê Hermien de Vos.

“Pikkewyne stink g’n, hulle ruik na die see. En in die aand is dit ’n wonderlike gesig om hulle so vry in die natuur te kan sien.”

Neville Green van die Overstrand-munisipaliteit sê die gebied waarop die broeikolonie geleë is, is gesoneer as ’n natuurreservaat.

Volgens hom loop die pikkewyne op die nabygeleë woonerwe rond weens ’n heining wat te kort is.

Dié heining gaan nou in November en Desember onder die toesig van Kaapse Natuurbewaring verleng word.

Die Dyer-eiland-bewaringstrust het ook 150 mensgemaakte neste geskenk om pikkewyne te akkommodeer wat uit die erwe verwyder word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.