Landdros al heeljaar ‘siek’

2012-08-26 00:06

’n Landdros van Upington in die Noord-Kaap was sedert November 2004 minstens 1?224 dae met siekteverlof en het vanjaar nog nie ’n enkele dag by die werk opgedaag nie.

Landdros Liana Myles maak glo ’n gewoonte daarvan om haar lynbestuurder laatoggend per SMS te laat weet sy kom nie hof toe nie.

Landdros Hans Meijer van die Landdrostekommissie het Myles se SMS’e Woensdag aan parlementslede voorgelees om hul frustrasie met dié onhoudbare situasie te toon.
* Myles het een só ’n SMS om 11:28 aan die hooflanddros in Kimberley (haar bestuurder) gestuur: “So jammer, nou eers wakker geskrik.”
* Nog ’n SMS op 8 Junie lui: “Ma het gister flou geraak van migraine, sy stres baie, ons kan eers ná 5 die dokter sien.”
* Op 13 Junie om 08:21: “Môre. Kry nie vir mnr. Morolong nie. Het selnommer. Sal jy hom asseblief laat weet. Ek kom in DV net na elf. Het neusproppe in, dink net dis spanning oor werk. Baie dankie. Myles.”
* ’n Ander SMS lui: “Neusare gebrand vandag, sal môre in wees.”

Jeff Radebe, minister van justisie, het Myles op 30 Julie geskors. Sy sal van haar amp onthef word sodra die parlement haar skorsing bekragtig, maar sommige LP’s wat in die portefeuljekomitee oor justisie dien, was aanvanklik simpatiek omdat Myles vroeër depressie gehad het.

Meijer het egter aangevoer Myles weier die afgelope agt maande om mediese sertifikate in te dien of om haarself medies ongeskik te laat verklaar, want sy meen sy is gesond.

“Maar as sy kan werk, hoekom is sy nie by die werk nie?” het Meijer die LP’s gevra.

Luidens die Landdrostekommissie se verslag is die agterstand in hofsake by die Upington-landdroshof “hoog”, maar kan sake nie aan Myles toegewys word nie omdat sy voortdurend afwesig is.

“Dit het ’n invloed op die moreel van haar kollegas wat haar werklading moet oorneem.”

* Myles was sedert November 2004 tot Februarie 2010 altesame 924 dae met siekteverlof.
* Sy was in Maart 2010 vier dae by die werk en is toe weer tot Junie 2010 afgeboek. Sy het van 1 Julie 2010 tot September 2010 gewerk.
* Myles was vanjaar nog nooit by die werk nie.

Meijer het by navraag aan Rapport gesê landdroste is geregtig op 120 dae siekteverlof in ’n drie jaar-siklus.

Landdroste se jaarlikse salaris beloop tussen R600 000 en R700 000.

Diegene wie se siekteverlof uitgeput is, ontvang net ’n halfdag se salaris vir die dae waarop hulle afwesig is.

Die proses om nog twee landdroste van hul ampte te onthef is reeds ver gevorder:

* Landdros Mendile Tyulu van Kaapstad is skuldig bevind op aanklag dat hy ’n beskuldigde wat in ’n strafsaak voor hom verskyn het, seksueel geteister het.
* Landdros Ndileka Ndamase van Pretoria is op 11 aanklagte van wangedrag skuldig bevind, waaronder dat sy “onbeskaamd tydens hofverrigtinge gaap en ongeïnteresseerd voorkom”.

***

Landdros Liana Myles was in 1999 betrokke by die opspraakwekkende tugverhoor van Brian Williams, die destydse geskorste direkteur-generaal van arbeid in die Wes-Kaap.

Die saak het wyd opslae gemaak nadat Myles beweer het sy en haar man is deur Zwe Ndlala, die regsverteenwoordiger van die departement van arbeid, geïntimideer om ten gunste van die departement te beslis.

Myles het haar aan die saak onttrek en ’n klag van intimidasie teen die departement aanhangig gemaak.

Sy is later as ’n addisionele landdros aangestel in die landdroshof in Upington en is sedert 2010 deur die Landdrostekommissie se etiekkomitee ondersoek omdat sy soms maande lank met betaalde siekteverlof is.

Hoewel die etiekkomitee bevind het Myles is weens depressie onbevoeg om haar dagtaak te verrig, het sy in Januarie vanjaar volgehou sy is blakend gesond.

Sy was vanjaar egter nog nie ’n enkele dag in die hof nie.

Luidens ’n verslag van die Landdrostekommissie het die waarnemende senior landdros van ­­die Upington-landdroshof aangevoer Myles se voortgesette afwesigheid van die hof “benadeel dienslewering” en dat die agterstand in hof­sake daar hoog is.

Hoewel Myles se werk nie van ’n lae gehalte is nie, “toon haar werk­geskiedenis sy is nie by magte om die werklading te hanteer ­nie”.

Rapport het die afgelope week ’n versoek om kommentaar aan hooflanddros Steven Hinana van die landdroshof vir die distrik Gordonia op Upington gerig, maar teen druktyd geen reaksie van hom ontvang nie.

Myles kon ook nie vir kommentaar bereik word nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Morning clouds. Cool. Pta: 13-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 8-20°C Sunny. Mild. Bfn: 2-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-20°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-17°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Afrikaans speaking Telesales

Randburg
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Afrikaans speaking Telesales

Rosebank
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Business Intelligence Analyst / Client Relationship Manager – Sandton

Johannesburg
DAV Professional Placement Group
R300 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!