Leefstyl gee SA kinders volwasse siektes

2011-02-12 19:59

Die leefstylsiektes wat ons kinders vandag kniehalter, gaan ook eendag vir hul werkgewers probleme skep.

So waarsku dr. Ali Kamffer, raadgewer vir die SureSlim-groep, nadat Discovery Vitality vandeesweek ’n skokverslag oor Suid-Afrikaanse kinders se gesondheid bekendgestel het.

Luidens dié verslag is tot een uit elke vyf kinders oorgewig en eet hulle tot drie keer per week wegneemetes. Boonop rook en drink hulle straf.

Kamffer sê weens verkeerde eetgewoontes en ’n swak leefstyl ly al hoe meer jongmense deesdae aan siektes soos diabetes, osteo-artiritis, aan­dag­af­lei­baar­heid­sin­droom, hoë cholesterol, hartprobleme en eetsteurnisse.

“Van dié siektes kom voor by oorgewig kinders en tieners, asook kinders wat min of geen aktiewe oefening doen en lank voor die televisie of rekenaar sit. Ingryping op skoolvlak is nodig.

“Daar is g’n vinnige oplossing nie, en min holistiese planne in Suid-Afrika om dit aan te pak. So ’n program moet gesinsgedrewe wees. Skole se leerplanne en selfs die skoolsnoepie moet hiervolgens aangepas word.”

Volgens die Discovery Vitality-verslag is tot 20% van Suid-Afrikaanse kinders oorgewig en ly een uit elke 20 aan vetsug.

Vir dié verslag het ’n navorsingspan die leefstyl en eetgewoontes van kinders en jongmense tussen vyf en 20 jaar oud bestudeer en verslae en studies van die regering, dokters, akademici en nie-regeringsorganisasies is oor ’n tydperk van drie jaar bestudeer.

Dié verslag is die tweede in sy soort in Suid-Afrika. Die eerste een is in 2007 gepubliseer.

Dr. Craig Nossal, hoof van Vitality Wellness by Discovery, sê die situasie het nie sedert 2007 verbeter nie. Hy meen die regering het ’n goeie beleid om beter leefstylgewoontes onder kinders te kweek, maar dit word nie reg toegepas nie. Hy sê SA het van die wêreld se beste wetgewing teen rook en drankmisbruik, en tog drink en rook bykans ’n derde van ons kinders.

Prof. Shane Norris van die departement pediatrie aan die Universiteit van die Witwatersrand is veral bekommerd omdat kinders te min oefen.

“Dit word baie beïnvloed deur ouers se sosiale en ekonomiese omstandighede. Hoe armer en minder opgelei ouers is, hoe minder oefen die kinders.”

Hy meen kinders moet meer aktief raak op skool. “Liggaamsopvoeding moet weer op skoolvlak weer aangebied word. Gemeenskappe moet ook groter toegang tot bekostigbare gesonde kossoorte hê.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C High level clouds. Cool. Pta: 2-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -3-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 7-22°C Sunny. Mild. PE: 12-17°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!