Leer perde ken, sê ‘kenners’

2013-02-02 23:26

Mark (60) “speel” al 40 jaar lank perde, deesdae by die totalisator langs die Kenilworth-renbaan in Kaapstad. | Foto: Nasief Manie

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy het al ’n huis kontant gekoop uit wedgeld.

Sydney Samuels (53) praat Vrydagmiddag oor sy wenkanse by die totalisator langs die Kenilworth-renbaan in Kaapstad waar die jaarlikse J&B Met gister gehou is. “As jy weet wat jy doen, kan jy maandeliks ’n salaris uit weddenskappe verdien.”

Die Met, oftewel wedren 8, was net nóg ’n wenkans. Daar is weekliks tientalle ander wat die skip kan laat inkom. De laaste een word fyn bestudeer.

“Jy bestudeer al sy detail,” sê Samuels. “Sy ren-geskiedenis, sy jokkie, sy afrigter. Gewig, afstand, ’n perd se herkoms, sy bou. Dié kombinasie bepaal ’n wenkans.

“Wed is ’n wetenskap. Dit het niks met ‘geluk’ te doen nie.”

Samuels het voorheen sy eie renperde besit en sy suster, ­Anne, is ’n teler.

Hy het in die “tote” wedders al groot geld sien wen.

“R100 000 op ’n keer. R10 000 per perd per wedren is nie vreemd nie. Maar ek het ook al ’n groot verloordery gesien.

“So ’n ou verdwyn, maar kom terug. As wed in jou bloed is, is dit in jou bloed.”

Hy was 16 toe hy die eerste keer “perde gespeel” het. “Ná 37 jaar weet jy wat jy doen.”

Samuels sê aanlyn wed staan hom nie aan nie. “Want as jy meer as R25 000 wen, gryp Jan Taks jou. Hier is dit kontant. Niemand weet wat jy in jou sak steek nie.”

Nie almal wil laat blyk waar hulle veral oor naweke uithang nie, sê Mark (60)*.

“Dis my persoonlike tydverdryf. Maar my vrou weet al waar ek was as ek op ’n Saterdag 13:00 verdwyn en eers so 19:00 terugkom. Ek dobbel nie met my geld nie. Ek speel so R200, R300 op ’n keer.”

Mark sê hy wed al sedert 1973 op perde. “Niks voel lekkerder as om te wen nie. As ek verloor, haal ek my skouers op. Dis die adrenalien wat my aantrek. Dis verslawend. As jy eers die slag groot gewen het, is jy elke week hier tussen die ouens. Ek drink ’n paar biere, bestudeer die wedrenne en perde en ontspan.”

Mark stem saam met Samuels dat “jy jou perde moet ken”.

“Ek sien hier hoe kontant vloei. Maar ek mors nie. Ek speel nie aanlyn speel, want dis maklik om ’n kredietkaartnommer te verskaf. Dis moeiliker om ’n R100-noot uit te haal. Nie almal besef dié is nie ’n rykwordskema nie.”

Samuels en Mark sê dis doodgewone middelklasouens wat by totalisators uithang.

“Die rykes sit langs die baan, of speel aanlyn,” sê Mark.

“Hier hang baie mense uit wat desperaat is vir geld. Dis tragies.”

Hy sê die gemene deler van gereelde totalisator-besoekers is dat hulle gek is oor perde.

* ’n Skuilnaam.

‘Maklik’ om só te wen

Wedders kom uit alle vlakke van die samelewing en uit alle geloofsgroepe en geslagte. Maar hulle praat nie graag oor hul gunsteling-tydverdryf nie.

Enersyds is dit omdat “dobbel” nie vir almal aanvaarbaar is nie, andersyds omdat niemand graag uitblaker hoeveel geld gewen – of verloor – is nie.

Ramon Zoghby van die beroepswedders LM Bookmaker sê enigeen met net ’n klein bietjie kennis van perdewedrenne of enige ander sportsoort, doen dit.

“Dis oud en jonk, mans en vroue, en sommige met min kennis van wed, maar sportweddenskappe is eenvoudig en maklik om te leer.”

Jason Foster van die aanlyn-beroepswedders Voltbet.com sê die tipiese sportwedder het ’n goeie kennis van die sport waarop hy sy geld sit.

“Jy kry spesifieke sokker-, rugby-, krieket- of perdewedren-wedders. Die meeste kombineer ’n aantal voorspellings en bestee nie meer as ’n paar honderd rand per naweek nie.

“As hulle reg voorspel, kan hulle R10 000 of meer op ’n slag wen. “Hoewel ons ’n aanlyn-groep is, kommunikeer ons taamlik met ons kliënte via Twitter en FacebookWeddenskappe is ’n manier om te spog met jou sportkennis.”

Dr. Org Linde, ’n sielkundige van Durbanville, sê mense wil graag dinge gou regkry en is te ongeduldig om die konvensionele pad van geldmaak te loop.“Rykes doen dit omdat dit ’n gemaksugtige manier is om status en mag uit te brei. Armes doen dit omdat hul moedeloosheid hulle motiveer – selfs al is dit riskant.

“Die kortstondige hoop van rykdom en onafhanklikheid, saam met die verslawing van die oomblik, is dikwels gesetel in onvolwassenheid en ’n kortstondige verligting wat hulle met weddenskappe volhou.”

Wedrenne, jokkies, afrigters wat miljoene werd is

Die Groot Vier-perdewedrenne op die Suid-Afrikaanse kalender:

* R2,5 miljoen-J&B Met, 2?000?m, Kenilworth-renbaan;
* R2 miljoen-Champions Challenge, Turffontein-renbaan;
* R3 miljoen-Vodacom Durban July, Greyville-renbaan;
* R2 miljoen-Steinhoff International Summer Cup, Turffontein-renbaan.

Vyf top-jokkies:

1. Piere Strydom;
2. Anton Marcus;
3. Sean Cormack;
4. Robbie Fradd;
5. Muzi Yeni.

Vyf top-afrigters:

1. Justin Snaith;
2. Mike de Kock;
3. Sean Tarry;
4. Mike Bass;
5. Gavin Smith.
(www.tabnews.co.za)




Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 10-24°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 6-16°C Mostly sunny. Cool.
Dbn: 17-22°C Morning clouds. Mild. PE: 11-19°C Passing showers. Clearing skies. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!