Leon se wolwe dans op fliekfees

2012-08-12 00:10

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die wonderwerker, Katinka Heyns se fliek oor die digter en natuurkenner ­Eugène Marais, is een van vier rolprente wat hul debuut maak op kykNET en NuMetro se jaarlikse Silwerskerm-fliekfees in Kaapstad.

Die fliekfees spog ook met die premières van Wolwedans in die skemer, Leon van Nierop se radiovervolgverhaal wat nou tot fliek verwerk is, asook Lien se langstaanskoene en Verraaiers.

Heyns se langverwagte Marais-rolprent is haar eerste fliek in 14 jaar.

Die storie speel af in 1908.

Marais, baie siek aan malaria, kom op die plaas Rietfontein in die Waterberge aan, waar die Van Rooyen-familie hom versorg.

Malaria is nie Marais se enigste probleem nie.

Hy is verslaaf aan morfien. En hy raak verlief op die 18-jarige Jane Brayshaw, die Van Rooyens se aangenome dogter.

Wolwedans in die skemer
handel oor Sonja Daneel wat haar geheue verloor in ’n motorongeluk naby die luukse hotel Njala in Hazyview.

Sy raak betrokke by ’n obsessiewe familie wie se lewens deur die spokerige, vreemde hotel beheer word.

Wanneer sy deur ’n moordenaar geterroriseer word, besef Daneel dat daar ’n vreemde verband is tussen die hotel en haar verlede wat uiteindelik haar lewe kan kos.

Lien se lankstaanskoene
, wat ook ’n voorgeskrewe werk vir gr. 12’s is, is die verhaal van ’n matriekmeisie wat te midde van ’n familiekrisis leer dat ’n mens meestal net twee weë kan volg: óf jy sink, óf jy swem.

Verraaiers is ’n fliek oor die Anglo-Boereoorlog.

Dit vertel die verhaal van Jakobus van Aswegen, ’n gerespekteerde kommandant in die oorlog, wat kies om eerder huis toe te gaan en sy gesin en plaas te beskerm as om verder teen die Engelse te veg.

Sy vrou, Gerda van Aswegen, beleef dit as ’n erge vernedering en dit dryf haar tot waansin.

Die fees bestaan uit ’n kortfliekfeeskompetisie.

Karen Meiring, kykNET-kanaalhoof, sê daar was 400 inskrywings en “ná baie kopkrap” is daar op tien kortflieks besluit.

Elkeen van die tien vervaardigers wat gekies is, het R120 000 ontvang om hul kortflieks te vervaardig.

Die fees word by The Bay Hotel in Kampsbaai van 3 tot 5 September gehou.

Kaartjies is binnekort beskikbaar op www.kyknet.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.