Leraar versit berge vir kind

2012-11-19 06:49

Thea Brits (24) huil by haar pa, ds. Willem Brits, se roudiens wat Vrydag in die NG kerk Kerkenberg in Harrismith gehou is. Foto: Conrad Bornman

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Paar weke gelede nog het die 60-jarige ds. Willem Brits van Harrismith saam met sy seun Martin (28) eksamen gaan skryf omdat hy geglo het as hy en sy seun saam studeer, sal dit dié seun aanmoedig om sy geleerdheid te verbeter.

Verlede jaar was dit Brits wat ’n pak vol verklarings by die paroolraad ingedien het oor sy seun se goeie karakter en dat dit sy familie, vriende en kennisse se wens is dat Martin se vonnis vir diefstal in korrektiewe toesig omgeskakel moet word.

Nou, skaars ses maande nadat Martin uit die tronk gestap en sy ouers hom met ope arms terug in die pastorie ontvang het, word Martin daarvan verdink dat hy die meesterbrein is agter ’n duiwelse komplot om van sy gesin ontslae te raak.

In die drie jaar wat Martin in Frankfort tronkstraf uitgedien het, het Brits en sy vrou, Dorothea, glo alles gedoen om hul seun gelukkig te hou.

Hulle het Martin elke naweek in die tronk besoek.

Soms was dit net ma, ander kere net pa en ander kere die hele gesin saam.

Brits se aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen, wat ook vermoor is, het Martin gereeld saam met die predikant besoek.

Brits het selfs ’n reëling gehad dat wanneer die polisiebakkie Frankfort toe gaan, dit eers pastorie langs moet ry om lekkernye en ander goed op te laai wat spesiaal vir Martin bedoel is.

En wanneer gemeentelede, familie of vriende in die Frankfort-omgewing was, moes hulle ook vir Martin gaan hallo sê by die tronk en pakkies aflaai wat ma en pa gestuur het.

“Almal op die dorp het geweet hoe verskriklik baie moeite Willem en Dorothea gedoen het om Martin te ondersteun.

“Ons is daarom verslae dat Martin die afgelope week erken het dat hy agter die hele ding sit en dit uiteraard oor ’n tydperk beplan het,” sê ’n familievriend wat nie sy naam genoem wil hê nie.

Volgens Johan Volschenk, jare lange buurman en vertroueling van die Brits-gesin, was Willem “’n herder vir sy kinders net soos hy ’n herder was vir die gemeenskap”.

“Sy optrede, soos om Martin uit te daag dat hy ’n BCom-graad voor hom sal voltooi, was tipies van Willem. Hy het dit glad nie vir homself gedoen nie. Dit was ’n poging om Martin te ondersteun omdat hy omgegee het oor sy seun se geleerdheid en toekoms,” sê Volschenk.

Volgens Nina Scheepers, ’n onderwyser by die Hoërskool Harrismith, was al vier die kinders altyd vriendelik, behulpsaam en goed gemanierd en hulle was nooit ’n verleentheid vir hul ouers nie.

Maar in 2000 het alles verander toe Fred Enslin “blindelings” eers vir Martin en later sy broer Willie as leerlingrekenmeesters aangestel het by sy ouditeursfirma. Die twee broers het saamgesweer en hulle het binne ’n maand amper R810?000 se tjekbedrog gepleeg.

Dié geld kon tot vandag toe nie opgespoor word nie en uiteindelik moes ’n versekeraar daarvoor betaal.

Willie het Vrydag aan Rapport gesê hy het geen idee wat van die geld geword het nie.

Martin het vroeër in hofstukke beweer hy het die geld aan ’n sangoma gegee wat hom belowe het hy gaan die geld met toordoktery verdubbel. Die sangoma het egter glo met die geld verdwyn.

***

Haar broer Martin (28) sou haar “vir seker” vermoor het as hy die kans gekry het, sê die 24-jarige Thea Brits.

Sy het ongedeerd weggekom van ’n bloeddorstige bylaanval waarin haar pa, ds. Willem Brits, en haar verloofde, Gerhard Vermeulen, verlede Donderdag dood is.

Haar ma, Dorothea (59), is steeds in ’n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein.

Martin het ’n bekentenis voor ’n landdros afgelê en in ’n brief uit die tronk wat Vrydag by sy pa se gedenkdiens voorgelees is, vra hy sy familie om hom te vergewe.

“Daar is by my geen twyfel nie dat Martin my op dieselfde wrede manier as ons ouers sou vermoor het as hy kon,” sê Thea.

Sy het besef iets is verkeerd toe Gerhard in ’n struweling met Elliot Mhlambi was en Mhlambi vir Martin roep om hom te help. Mhlambi is kort ná die moord in hegtenis geneem.

“Ek wou by Martin weet hoe Mhlambi sy naam ken. Hy kon my nie antwoord nie en ek het besef daar is ’n verbintenis tussen hulle.”

Sy het toe by die huis uitgehardloop, maar Martin het haar teruggeroep. “Hy het in die voordeur gestaan en my die byl gewys. Hy het gesê dit is nou veilig, want hy het die moordwapen by Mhlambi gevat. Ek het hom glad nie vertrou nie en het weggehardloop om hulp te gaan soek.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-24°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 11-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 17-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!