Lewe as geskenk

2012-08-18 23:49

Lewende voorbeelde van die noodsaaklikheid van orgaanskenking. Dissipels vir orgaanoorplantings.

So beskryf mnr. Willie Uys, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Oorplanting-sportvereniging (Satsa), die 90 mense wat Vrydag en Saterdag aan die nasionale oorplantingspele in Durban deelgeneem het.

Elkeen van dié atlete, van 6 tot 69 jaar oud, het orgaan- of beenmurgoorplantings gehad.

Daar is tans sowat 4 300 mense op die waglys vir orgaanskenkings in Suid-Afrika. Weens die tekort aan skenkers is verlede jaar net 600 oorplantings gedoen.

Rapport het twee weke gelede berig oor orgaanskenkingsmaand en die 19-jarige Carina van Nie-rop wat eerste is op die waglys vir ’n hart-en-longoorplanting. Carina wag steeds op ’n oorplanting, maar hoop dat sy binnekort aan die spele sal kan deelneem.

Die Wêreld-oorplantingskampioenskap word volgende jaar in Suid-Afrika aangebied. Vir meer inligting oor die spele, besoek www.transplantsports.org.za.

By www.odf.org.za kan jy as ’n orgaanskenker registreer.



Dube Velile (34) van KlerksdorpNieroorplanting in 2010. Hy het die nier deur ’n kadawer-skenking gekry en nie die skenker geken nie. Hy neem vanjaar die eerste keer deel aan die 100 m, 5 km-stap en spiesgooi. “Sjoe, die oorplanting het my lewe verander, meer as wat ek kan beskryf. Ek voel of ek enigiets kan doen. As jy dialise kry, kan jy am-per nie loop nie, nou hardloop ek.”



Margaret Links (37) van Johannesburg Nieroorplanting in 2009. Sy het die nier deur ’n kadawer-skenking gekry en nie die skenker geken nie.Dit is die tweede jaar dat Links aan die 3 km-stap, kegel­bal en balgooi deelneem.“My lewe was so moeilik. Die oorplanting het alles beter gemaak.”



Tersia Smit (56) van Mookgopong (Potgietersrus)Leweroorplanting in 2005.Sy het die lewer deur ’n kadawer-skenking gekry en nie die skenker geken nie.Dit is die tweede jaar dat Tersia aan bors-, rug-, kruip- en vlinderslag deelneem. By die vorige Wêreld-kampioenskap het sy drie silwer-­medaljes gewen.“Ek sal nooit weet wie die skenker was nie, maar ek is vir ewig dankbaar.”



Sannie Liebenberg (63) van Amanzimtoti Hartoorplanting in 2001.Sannie se skenker was die slagoffer van ’n gesinsmoord. Sy weet wie die vrou was.Dit is Sannie se vierde deelname aan die 3 km-stap, diskus en balgooi. Sy het al brons en silwer op die Wêreldkampioen­skap gewen. “Ek kyk nie terug nie, ek dank net die Here vir die nuwe lewe, ’n tweede kans.”



Brett Howburg (15) van Kraaifontein Leweroorplanting in 2008.Hy het die lewer deur ’n kadawer-skenking gekry en nie die skenker geken nie.
Dit is sy eerste deelname aan die 100?m, verspring, gewigstoot en balgooi. “Ek was so siek dat ek nooit aan sport kon deelneem nie. “Nou hoop ek om eendag die Comrades klaar te maak.”



Brian Lombard (66) van Alberton Dubbellongoorplanting in 2007. Hy het die longe deur ’n kadawer-skenking gekry en nie die skenker geken nie.Dit is die eerste keer dat Brian aan diskus, spiesgooi en balgooi deelneem.“Ek het drie en ’n half jaar gewag. Ek moes 24 uur suurstof kry en kon skaars 10 m loop. “My lewe het nou verander.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsabe Ferreira sê... Laat my aan die Kruger-miljoene dink.... nerens te vinde. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.