Lewenslank vir verkragtings

2012-07-19 14:52

Twee mans is Donderdag elk agt lewenslange vonnisse opgelê weens die verkragting van twee ambulansvroue terwyl hulle gewerk het.

Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.

Richard Tshifhiwa Luruli (29) en Michael Khorombi (30) is ook elk vir 35 jaar tronk toe gestuur vir roof en ander sekaanklagte - dié vonnisse word afsonderdlik uitgedien.

Een van die vroue het vroeër in die verhoor getuig haar huwelik is tot niet omdat haar man nie haar verkragting kan verwerk nie en sy self sien nie eens meer kans om alleen saam met ’n pasiënt in ’n ambulans te wees nie.

Sy en ’n kollega is  in Maart 2010 by ’n myndorpie by Roodepoort uit hul ambulans geruk en verkrag.

Dié ma van vyf, ’n paramedikus van die Roodepoort-brandweerstasie, het  getuig sy sal nooit die gebeure van daardie aand vergeet nie.

“Ek is ’n getroude vrou, maar ek gaan nou deur ’n egskeiding omdat my man sê dat hy dit nie kan verwerk dat ek by ander mans was nie,” het die vrou getuig.

Sy het net een keer in die getuiebank ’n traan afgevee terwyl sy in besonderhede getuig het oor die voorval by die Durban Deep-myndorpie toe sy en die kollega op ’n noodoproep gereageer het om ’n 18 maande oue seuntjie te gaan help wat met kookwater gebrand het.

Mnr. Zacaria Mwando, die buurman van die kind se ma, het vroeër die dag getuig hoe die paramedici besig was om die baba se wonde te behandel toe hulle skielik ’n gewapende man by die ambulansdeur sien staan het.

Mwando het gesê dié man en twee makkers het hom, die baba se oom en die twee ambulansvroue se selfone en geld geroof.

“Die mans het daarna die twee vroue uit die ambulans geruk en ons gewaarsku om in die ambulans te bly.”

Die vrou het die vorige dag getuig sy en haar kollega is met voetpaadjies langs na ’n afgeleë veld gelei waar hulle beveel is om hul klere uit te trek en om verskeie seks­dade met die mans te verrig.

“Die gewapende man het vir ons gesê: Ek het gesê julle gaan vandag verkrag word. Op straat sal julle ons nie groet nie. Julle sal nie eens antwoord as ons julle vra om te trou nie, maar vandag is dit ons wat julle verkrag.”

Sy het getuig ’n man wat verbygestap het, is deur die aanvallers nader geruk, aangerand en gedwing om haar ook te verkrag.

“Hy het net gemaak of hy my verkrag en in my oor gefluister dat ek moet saamspeel,” het die ambulansvrou gesê.

Nadat sy verskeie kere deur van die drie mans verkrag is, is hulle (sy, haar kollega en die verbyganger) skielik aangesê om hul klere aan te trek en in ’n sekere rigting te begin hardloop.

Hulle het ná ’n ruk op Hoofrifweg en ’n polisievoertuig afgekom.

Hulle is daarna deur dokters in die Flora-kliniek ondersoek.

“Ek het al my vertroue in my werk en die gemeenskap verloor. Voor die voorval sou ek enige tyd in die ambulans klim en selfs ná middernag na tonele gaan om mense te help.

Vandag is ek te bang om alleen saam met pasiënte in die ambulans te wees.”

Mnr.  Tshifhiwa Luruli en Khorombi (30) het  skuld ontken op altesaam 15 aanklagte. -- BEELD

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.