Liefde, spanning, ’n rower en ’n laspos: dís als in Gé se fliek

2012-09-29 23:27

Wat is meer romanties as ’n gondelvaart in Venesië? Diane Ridler en Gé Korsten in ’n toneel uit Lokval in Venesië.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Neem ’n goeie paar skeppies spanning, ’n bietjie liefde, ’n eksentrieke oujongnooi, ’n aantreklike held en heldin, amper net so ’n aantreklike rower en sy meisie en ’n laspos wat die wêreld moeilik maak – en jy het ’n genotvolle gesinsrolprent.”

Só word die Kavalier-rolprent Lokval in Venesië met Gé Korsten in die hoofrol in ’n koerantartikel in 1972 beskryf.

Dié klassieke Afrikaanse trefferfliek kry Rapport se lesers op Sondag 14 Oktober in DVD-formaat gratis saam met die koerant.

Lokval in Venesië handel oor Zelida (June Seymour), ’n eksentrieke oujongnooi, wie se juwele gesteel is. Sy en haar niggie gebruik die sakkevol versekeringsgeld wat uitbetaal is om ’n bootreis na die Mediterreense See te onderneem, heeltemal onbewus van ’n agterdogtige speurder (Gé Korsten), wat hom voordoen as ’n ambassadeur sodat hy hulle onder oë kan hou.

Intussen is die rower (Bob Riley), dié se mooi meisie (Linda Basson) én die gebuite juwele ook op die skip. Boonop is daar ’n weeskind-verstekeling (die kinderster Maudie Adendorff), wat sake verder deurmekaarkrap.

“My pa het sy eie waaghals­toertjies vir dié fliek gedoen,” vertel Linda Korsten. “Hy moes onder meer aan ’n tou teen die kant van die boot hang om deur ’n patryspoort te loer en ’n paar meter verder was die malende water. As hy geval het, sou die skroewe van die boot hom verbrysel het. Die kaptein van die skip het glo die bewerasie van vrees gehad.

“Hy moes ook in een van die stink Venesiese kanale swem terwyl ’n dooie kat, visblikkies, dooie voëltjies en nog allerhande aaklige dinge verby hom gedryf het. Hy en Bob Riley raak ook handgemeen, onder meer in ’n Venesiese glaswinkel, hoewel dié toneel in Kavalier se ateljee in Johannesburg geskiet is.”

Trevor Moses, argivaris van die Nasionale Rolprent-video-en-klankargief in Pretoria vertel: “Lokval in Venesië was Gé se voorlaaste fliek en is vyf jaar voor Netnou hoor die kinders verfilm.
“Waar het jy al gehoor ’n operaster soos Korsten sing ’n liedjie soos Ob-La-Di, Ob-La-Da!

“Die fliek is spesiaal vir Gé se aanhangers gemaak. Dit het ’n pragtige klankbaan met liedjies soos Liefling en O Sole Mio en die fotografie is puik.”

Die regisseur was Ivan Hall, wat later groot roem, plaaslik en oorsee, verwerf het met Kill & Kill Again, sy komiese fliek oor die Oosterse verweerkuns.

Lokval in Venesië word met die vergunning van kykNET se Silwerskermreeks aan Rapport-lesers verskaf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.