Limpopo beste én tweede vrotste

2013-01-05 23:22

Die drie beste matriekpresteerders in wiskunde in Suid-Afrika. Annie Thomas (18, links) van die Capricorn-hoërskool in Polo- kwane, Mmadikgetho Komane (18), ook die land se topleerling, van die Glen Cowie-meisieskool in Sekhukhune en Julius Mama­shel

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die wenkbroue het die afgelope week gelig oor die sukkelende Limpopo vanjaar se topmatrikulant én nog uitblinkers opgelewer het.

Mmadikgetho Komane (18) van die Glen Cowie-meisieskool in die landelike Sekhukhune-distrik is die nasionale uitblinker. Sy is bo aan die lys vir wiskunde en wetenskap in die kategorie vir die behoeftigste openbare skole én het 100% vir rekeningkunde behaal.

Limpopo spog boonop met die drie slimste leerlinge in wiskunde en wetenskap.

Dié drie – Komane, Annie Thomas (18) van die Capricorn-hoërskool in Polokwane en Julius Mamashela (18) van die Pax-hoërskool in die Capricorn-streek – was al drie in die armste openbare skole (kwintiele een tot drie) en klop selfs die leerlinge in kwintiele vier- en vyf-skole, waar onderriggeld gehef word.

Maar Limpopo, wat verlede jaar onder die handboek-skandaal deurgeloop het, is ook die provinsie met die tweede swakste matriekuitslae vir 2012.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) het Donderdag daarop gewys dat die uitslae in dié provinsie beduidend is, aangesien die Jaarlikse Nasionale Assesserings (JNA) wat verlede maand bekend gemaak is, geen onderskeidings vir wiskunde onder gr. 9’s opgelewer het nie.

Luidens die JNA-uitslae vir 2012 het Limpopo se gr. 9’s die laagste punte vir huistaal (gem. 31,2%) en wiskunde (gem. 8,5%) gekry.

Voorts kon 97,9% van die gr. 9’s nie aan vlak een se vereistes voldoen nie. Vlak sewe meet die hoogste vaardigheid en daar het die provinsie 0% gekry.

“Hoe verduidelik mens dit?” het Maryna Besseling van die SAOU aan Rapport gesê. “Is daar skielik buitengewoon goeie onderwysers in gr. 10, 11 en 12 wat hierdie uitskieters oplewer?”

Nyambeni Lidzhade, skoolhoof van die Mbilwi-hoërskool – jare reeds Limpopo se beste openbare skool – sê die laer grade is hul grootste uitdaging omdat
laerskole nie ’n “ernstige eind- evaluering” het nie.

“Wanneer die leerlinge by ons aankom, kan hulle nie wiskunde doen nie. Daarom benader ons skoolhou soos ’n sokkerspan.

“Dit help nie jy het die beste doelskieters, maar jou verdediging laat jou in die steek en jy skiet ’n doel teen jouself nie. Jy het spanwerk nodig en dit beteken harde en ekstra werk met die laer grade,” het hygesê.

Prof. Francis Faller van die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand meen Limpopo se algehele swak prestasie spreek nie noodwendig van ’n gebrek aan gehalte nie en fyner ontleding ontbreek. “Een skoolhoof kan sy leerlinge aanmoedig om wiskunde te neem, terwyl die skool langsaan besluit om leerlinge slegs vir wiskundige geletterdheid te registreer ten einde ’n hoër slaagsyfer te verseker,” het hy verduidelik.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-25°C High level clouds. Mild. Pta: 9-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 10-25°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 19-26°C Early fog followed by sunny skies. Mild. PE: 15-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!