Limpopo-boer en vrou se lyke verkool in eie kar gekry

2010-12-18 20:59

’n Dag nadat ’n egpaar van ’n wilds­plaas buite Thabazimbi in Limpopo hul Kersinkope saam met hul drie dogters in Rustenburg gedoen het, is hul lyke in die bagasiebak van hul uitgebrande Land Cruiser-stasiewa gevind.

Die vrou het nog die vorige dag haar ma, me. Doll Bosch, se 74ste verjaardag gevier.

Mnr. Casper Aucamp (55) en sy vrou, Daleen (52), is Woensdagaand vermoedelik kort ná hul terugkeer op hul plaas, Vandas, oorval en vermoor terwyl hulle besig was om die Kersgeskenke af te laai.

Aucamp se gereedskapskis, wat hy altyd agterin die voertuig vervoer, en ’n plas bloed by die ingang van die huis dui daarop dat die egpaar pas by die huis ingestap het toe hulle aangeval is.

Hul lyke is eers Donderdagoggend in die bagasiebak van hul uitgebrande voertuig op ’n verlate grondpad sowat 25km buite Dwaalboom gevind.

“Toe hulle nie oudergewoonte bel om te laat weet hulle is veilig by die huis nie het ons onraad begin vermoed,” sê hul jongste dogter, me. Leonie Mans (24).

Sy en haar suster me. Mandie Prodehl (32) het ’n buurman gebel om te gaan ondersoek instel, maar die plaashekke, huisdeure en vensters was glo gesluit.

Mans en Prodehl het self na die plaas uitgery en die tuinwerker gevra waar hul ouers en hul voertuig is.

Volgens Mans het hy glo gesê dat haar ouers voer in Dwaalboom gaan koop het.

“’n Familievriend het ons daarna gebel en gesê daar is ’n uitgebrande Cruiser op ’n grondpad buite Dwaalboom gevind,” sê Prodehl.

Met hul aankoms op die toneel was die polisie reeds met ’n ondersoek besig.

“Ons het dadelik gesien dit is ons ouers se voertuig, maar die polisie het ons eers later die middag gebel en ingelig dat daar twee verkoolde lyke in die kattebak gevind is.”

Die susters het hul ouers uitgeken deur hul juwele te identifiseer.

“Die polisie sê dit lyk darem of hulle reeds dood was toe die brand begin het,” sê+Mans.

Die saak is deur die Dwaalboom-polisie bevestig, maar hulle wil in dié stadium geen verdere inligting bekend maak nie.

“Ons het wel ’n plas bloed by die huis­ingang gekry, maar het nog nie bevestig aan wie dit behoort het nie en nog geen verdagtes is aangekeer nie,” het ’n polisiebeampte gesê.

Hulle wou geen kommentaar lewer oor Mans se opmerking dat bebloede klere en ’n mop in die tuinwerker, wat nou vermis word, se kamer gekry is nie.

Niks is uit die huis gesteel nie en die ondersoek duur voort.

Die Aucamp-egpaar word ook deur hul ander dogter me. Linda Botes (29) en twee Prodehl-kleinkinders, Marlie (6) en Antoinette (5), oorleef.

Botes het Vrydagaand op haar Facebook-profiel geskryf:

“Trane loop en die verlange om te weet jy gaan nooit weer jou ma en pa sien nie en nooit weer kan sê mams, paps, i love u.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
149 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.