Lindie: Die Heilige Gees werk met my

2012-07-23 05:52

Lindie Stander

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Dankie dat julle in my bly glo.”

Die aktrise Lindie Stander sê sy kry nou die hulp wat sy lankal moes gekry het.

Lindie, wat bekend is om haar rol as suster Elise Kruger in die kyk­NET-sepie Binneland, word tans in ’n kliniek in Gauteng behandel nadat sy sowat drie weke gelede probeer selfmoord pleeg het.

Sy het gister in haar eerste media-onderhoud sedert die selfmoordpoging aan Rapport gesê sy “raak elke dag net sterker”.

“Ek kan voel hoe die Heilige Gees met my begin werk.

“Ek kan dit nie regtig beskryf nie, maar ek kan ook nie stilbly daaroor nie.”

Lindie sê sy is tans redelik afgesonder, maar diep bewus van duisende mense se ondersteuning en liefde vir haar.

“Soveel het al gesê ek maak ’n verskil in hul lewe. Nou is dit juis dáárdie mense wat ’n verskil in my lewe maak.”

Lindie sê haar kop is reg en sy kies om rasioneel te dink.

“Die eerste week hier was baie moeilik. Ek is met goed in my lewe gekonfronteer wat ek gedink het uitgesorteer was.

“As ek oor twee weke uitkom, wil ek ’n verskil maak.”

Die gewilde aktrise sê sy weet sy hoef nie bang te wees vir die pad vorentoe nie.

“My lewe is in God se hande en Hy het ’n plan met my. Ek moes net eers in die donker dieptes gaan draai.”

Lindie beplan nou om ’n boek en ’n verhoogstuk te skryf.

“As daar een mens is vir wie ek nie kan ophou dankie sê nie, is dit Karen Meiring, kanaalhoof van kykNET.

“Sy het my hier ingekry (in die kliniek) en sy betaal hiervoor.”

Intussen reël Lindie se vriende konserte om haar mediese uitgawes te help betaal.

Marnette Meyer en haar dogter, Jacky Crafford, reël die eerste konsert vir 1 September op Dozi se plaas, Back to the Roots, buite Hartbeespoort.

Kunstenaars wat reeds genader is, sluit in Amanda Strydom, Pieter-Dirk Uys, Riaad Moosa, Wayne Mckay, Francois Toerien, Wynand en Chereé Strydom en die groep Adam.

Die Kaapse konsert se datum is nog nie bepaal nie.

Ernst Swart, publisiteitsbestuurder van Binneland, sê daar sal beslis van die sepie se akteurs by die konsert vir Lindie wees.

“Lindie is immers een van ­hulle,” sê hy.

Oor die kritiek op die vervaardigers omdat hulle haar rol uitgeskryf het, sê hy: “Die karakter word uitgeskryf ter wille van die aktrise sodat Lindie die nodige hulp kan kry.

“Elsje en Friedrich Stark (die vervaardigers van Binneland) was nog altyd net ondersteunend en goed vir die mense wat vir hulle werk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Vicki Maree sê... Se ek ook patricia! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Workflow Process Designer / Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Sales Consultant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Business Intelligence

Centurion
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.