Luyt was ware leeu

2013-02-02 23:26

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit was in ’n onstuimige tyd in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis toe die rebellie van die Groot Vyf, gelei deur Louis Luyt, dr. Danie Craven as rugbyhoof van die land wou onttroon.

Dit was ’n Vrydagoggend in Maart met die jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad in Nuweland, Kaapstad.

Luyt staan Craven teen vir die presidentskap. Niemand in meer as 20 jaar het die waagmoed of rede of steun gehad om Craven om die presidentskap uit te daag nie. Luyt, onverskrokke, is nou daardie man.

Die 40 stuks raadslede sit soos vere opgewen en luister na die motivering vir die “mosie van wantroue” in Craven, versuiker met ’n toekomstige ere-posisie vir Dok in die bestuur van rugby.

Fritz Eloff, die stil professor van Noord-Transvaalse rugby en Craven se adjunk, wys vir een keer sy vlymskerp en onverbiddelike kant in ’n aanval op die Groot Vyf-rebelle, en spesifiek Luyt, ter verdediging van Craven se posisie.

Luyt blaas die aftog en sy kandidatuur word teruggetrek.

Die argumente teen Craven was heftig. Ook hoe die Groot Vyf in die geheim ontmoet en hul plan van aksie gesmee het om Craven te ontsetel word aan die kaak gestel.

Dis ’n verleë oomblik vir ’n oorblufte Luyt.

Ook ’n vernederende oomblik.

Hy sê hy gaan bedank.

Maar hy bedank nie.

In ’n gesprek met Craven enkele weke later, verwysend na die rebellie, vra ek hom oor Luyt.

“Los vir Louis. Hy is eerlik. Jy weet waar jy met hom staan,” het Craven geantwoord.

Van Louis Luyt as rugbyman het dit alles gesê.

Hy was onwrikbaar in die waarheid soos hy dit gesien het.

Vir sommige was dit afstootlik, ander het hom juis daarvoor aangehang.

Daar was ’n rottweiler in hom wanneer hy teengegaan is deur diegene wat hy vertrou het en as lojaal aan hom beskou het.

Lojaliteit aan hom was ’n bloed-eed.

In sy outobiografie Walking Proud verwys Luyt na sy credo: “No man is my master, and I’ll bow to no one – only God.”

Sy onverbiddelikheid het hom oor dekades voortdurend in konflik met teenstanders en ondergeskiktes gebring.

Dan het die rottweiler in hom na vore gekom.

Soos toe hy die voormalige All Black-afrigter Laurie Mains summier as breier van die Cats gefire het. En besluit het hy sal self die span afrig, wat Luyt tot groot konsternasie van Ellispark se rugbypersoneel gedoen het.
Luyt het Edward Griffiths as uitvoerende hoof van Sarvu met die stuur van ’n faks afgedank, in ’n omstredenheid wat in die parlement gaan draai het.

Ian McIntosh is as Springbokafrigter in ’n hoofberig op Rapport se voorblad deur Luyt afgedank.

Luyt het nie dinges van kabouters gevat nie. Altans nie van diegene wat hy as kabouters beskou het nie. Selfs Rian Oberholzer, sy skoonseun wat Sarvu se uitvoerende hoof geword het in Luyt se tyd as Suid-Afrikaanse rugbybaas, het Luyt se afsku van dislojaliteit ervaar.

En so ook sy Transvaalse Springbokke wat hy in ’n oomblik van uiterse woede almal ge-fire het.

Hul sonde was dat hulle meer geld wou hê as wat Luyt aangebied het. In Luyt se boek was dit dislojaliteit teenoor hom.

In Luyt se stryd om ’n kommissie van ondersoek in Suid-Afrikaanse rugby teen te staan, is pres. Nelson Mandela betrek om as ’n getuie in ’n hofsaak te verskyn.

Binne die bestuur van Sarvu het alle hel losgebars.

Wit, bruin en swart lede het teen Luyt gedraai. Die paar lojales was in die minderheid en ’n mosie van wantroue is teen Luyt aanvaar.

Luyt was verpletter. Oberholzer het buite stemming gebly, “wat ’n stem teen my was”, het Luyt agterna in onderhoud met my gesê.

Saterdagoggend 9 Mei 1998 kry ek ’n oproep om na Luyt se huis in Saxonwold digby die Johannesburgse Dieretuin te gaan.

Net dit.

Luyt en twee van sy raadgewers was in die sitkamer. Sy vrou, Adri, het koffie gebring.

Luyt wou vir my iets groots sê. Maar hy kon nie.

Twee uur lank het hy getob oor hoe hy verloën is deur “die slapgatte”.

Ek het bly wonder waarop die gesprek afstuur. Gaan hy as rugbybaas bedank?

Luyt het al in die rondte bly praat, so asof hy die oomblik wou vermy – of dalk sy besluit sou kon verander.

Hy het nie.

Luyt het bedank, daardie Sondag, 10 Mei, op die voorblad van Rapport.

Die groot gees in rugby wat die springbok as embleem van die Springbokke beskerm het deur Mandela se woord daarvoor te kry, wat ’n leiersrol in die vorming van Sanzar gespeel het en Kerry Packer se oorname van rugby as ’n beroepsport gestuit het, was klaar met die spel wat hy gedien het én met rugby se rolspelers met wie hy so dikwels gestoei het.

Luyt was Luyt.

Formidabel in die oë van sy vriende en vyande.

Bokkie Gerber, redakteur van ­Rapport, was destyds Rapport se sportredakteur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rieks Wilson sê... Dieselfde rede wat ek hierbo genoem het, Saamprater. 'n Nasie kry die leiers wat hy verdien. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.