Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

MXit-ontmoeting lei tot ontvoering

2009-12-12 22:15

Mnr. Johan Brits sê dinge het met sy dogter, Danelle (14), gebeur wat geen pa vir sy dogter wil hê nie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Pretoriase meisie (14) is glo Donderdag ontvoer en in Potchefstroom aangehou totdat sy Vrydagnag omstreeks 23:20 ná ’n landwye soektog gevind is.

Danelle Brits was bedwelmd en getraumatiseerd toe private speurders, haar ma se lewensmaat en die ondersoekbeampte haar by ’n huis in Grimbeeckpark, Potchefstroom, gekry het.

“Mamma, as julle my nie (eergister) gekry het nie, sou julle nie. Hulle het gesê ons gaan vanaand in ’n ander plek bly, want anders gaan my ma my kry. En hy wil nie tronk toe gaan nie,” het Danelle gister vertel.

Sy is glo onder meer gedwing om vyf glase wyn vinnig af te sluk.

Die polisie het bevestig twee mans, onderskeidelik 37 en 35 jaar oud, word in Pretoria aangehou vir ondervraging.

Danelle het aan Rapport vertel sy het ’n man sowat ’n week gelede op die selfoonkletsnetwerk MXit ontmoet en foto’s uitgeruil.

Volgens me. Thelma Brits, haar ma, het dié man Danelle Donderdag omstreeks 11:30 na die Sinoville-inkopiesentrum?–?’n paar straatblokke van hul huis?– gelok.

Danelle het haar rapport by die Hoërskool ?Overkruin, ?waar sy vanjaar ’n gr. 8-leerling was, gaan haal en toe na die winkelsentrum gegaan.

Die man het glo vir Danelle gesê hy wil haar aan sy dogtertjie voorstel en sal haar dan weer gaan aflaai.

Die mans het egter met haar Potchefstroom toe gery en die SIM-kaarte van haar twee selfone uitgehaal.

Toe me. Brits by die huis kom, het sy in die buurt by mense waar haar dogter gewoonlik kuier, gevra of sy daar is, maar niemand het geweet waar sy is nie.

Sy het naarstiglik in die nabygeleë inkopiesentrums gesoek en die saak by die polisie aangegee toe navrae by hospitale ook niks opgelewer het nie.

Die familie het ook Dynamic Investigation Solutions genader.

Me. Cathrina Mahlangu, die familie se huiswerker, het die leidraad verskaf dat Danelle ’n missed call op haar selfoon gekry het voordat sy vort is.

Die familie het haar selfoonstate met die hulp van ’n landdros en aanklaer gekry en die nommer van waar sy gebel is, geïdentifiseer.

Die selfoonsein van dié nommer is gevolg tot in Potchefstroom.

Mnr. Johann Spies, ’n private speurder, het gesê hulle het haar en twee mans asook ’n klomp dwelms in ’n tuinwoonstel daar gekry.

Danelle is na die Montana-hospitaal in Pretoria geneem en die familie wag op die uitslae van ’n volledige mediese ondersoek.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Jaaaaaa! 12/13/2009 6:53:24 AM
Stupid ouers wat nie hul kinders waarsku teen wat daar buite aangaan nie of dink julle 14 jarige "dogtertjies" speel nog pop!?Hoe dom moet iemand wees om in n misdaadnes soos SA so n afspraak na te kom?14 Ja en DIT sê NIKS!
Antoinette 12/13/2009 7:29:45 AM
Dank die Vader sy is veilig terug by die huis. Dit kon soveel anders gewees het. Maar ai tog, wil ouers en kinders nie uit ander se ervarings leer nie? Dis nie dat dit stilgehou word nie, dit word werklik oral en baie duidelik aan die publiek oorgedra, en tog is daar mense wat hulle nie aan die gevare van MXIT en kletskamers steur nie
KRY ORE 12/13/2009 7:55:20 AM
MENSE EN KINDERS KRY ORE. MXIT IS GEVAARLIK AS JY NIE WEET HOE OM DIT TE HANTEER NIE.. NOG ERGER AS JY J@GS HIER WIL OPEREER. KRY ORE EN WORD GROOT !!!
pop 12/13/2009 7:56:37 AM
Dis baie erg, ek hoop so baie jong mense se oë gaan oop om asb meer versigtig te wees, en dat jou nuuskierigheid tot jou dood kan lei. Moenie vir goed soek wat jou lewe in gevaar kan stel nie, sorg dat jy sommer iewers by jou 'n geheime simkaart het. As so iets gebeur dat jy dit by jou ten alle tye het, wees asb versigtig jong mense - ons as ouers raak siek van bekommernis as sulke goed gebeur.Moenie dink julle is opgewasse vir dié mense nie, hulle is slimmer as julle!
Cv 12/13/2009 8:26:49 AM
Laat daai twee m@ere hulle baard in die tronk vastrap!
Boerseun 12/13/2009 10:18:05 AM
Mxit is 'n euwel. Ouers sal baie strenger moet wees met kinders, andersins gaan gevalle soos die al hoemer voorkom. Hopelik word die twee kriminele etters vir jare lank toegesluit.
Cobus 12/13/2009 12:12:17 PM
Almal raak op hol oor kinders wat omdat kinders ontvoer word of dwelms gebruik of misdaad pleeg. As pa van twee kinder, 27 en 25 jaar onderskeidelik, en nou stiefpa van 'n 12 jarige dogter, kan ek net getuig dat dit net te maklik geword het om kinders geld in die hand te stop en dat hulle, hulself besig hou en vermaak. Ek en my vrou word beskuldig dat ons, ons dogter outyds en eng opvoed, maar sy weet wat waardes is, kry al die liefde en aandag by die huis. Sy het nie nodig om omgekoop te word nie. Maar vir meeste mense is dit die maklike uitweg...laat hulle MXit, laat hulle alleen winkelsentrums toe gaan en aan groepsdruk toegee. Mense...daar is geen respek vir mekaar meer nis, dis waarom ons land lyk soos dit lyk...wys jou kind jy respekteer hom of haar, gee hulle liefde en aandag. Hulle het immers nie gevra om hier te wees nie. Aanvaar jou verantwoordelikheid teenoor jou kinders en leer hulle van kleins af wat waardes en respek is. Dit help nie om die ontvoerders en verkragters te blameer nie...hulle gebruik maar net die geleentheid om jou kind wat alleen moet grootword en homself moet vermaak, te misbruik.
ervaring 12/13/2009 12:57:48 PM
Wil net aan die ouers se dankie tog vir die oplettendheid van 'n huishulp en dat die meisie veilig is.
Mixit nes baie ander dinge is 'n euwel. Selfs om na n winkel te gaan kan gebeur wat met die meisie gebeur het. Kinders moet geleer word om nie net ander goedsmoeds te vertrou nie. Dit gebeur ook nie net met kinders nie. Ons almal is vandag blootgestel aan ons kriminele samelewing en uitbuiting. sterkte.
FAS 12/13/2009 12:59:51 PM
My gevoel is tweeledig. Eerstens VREUGDE dat die kind gekry is en tweedens WOEDE. WOEDE vir ouers wat hulle kinders in die posisies plaas om op kletskamers soos die MXit gemors te kan inskakel en dit ook toelaat. Ouers redeneer hulle kinders moet selfone hê. Vir wat? Veiligheid? Daar is ander elektroniese tegnologie beskikbaar waarmee dit baie meer effektief gedoen kan word. 'n Meisiekind van 14 jaar wat met volwasse mans fotos uitruil! Daar is dan mos iets anders fout in die opvoedingstelsel binne die ouerhuis. ouers skrik wakker en vat verantwoordelikheid vir jou kind se doen en late voor dit te laat is!!
PieterW 12/13/2009 1:00:37 PM
14 jaar oud... Ontmoet 'n wild vreemde man op MXit en dan word sy "gelok" na 'n winkelsentrum..... Dan raak sy weg...maar word gevind - bedwelmd nogal!! Hierdie "kind" is dalk nie so "onskuldig" as wat sy voorgee nie.... Ek is bly sy is veilig, maar sy moet dalk met die VOLLE waarheid uitkom!!!!  MXit is euwel!!!
Sprokie 12/13/2009 1:02:43 PM
Ai ai wat word van die kinders (meisies) veral.. Ouers moet na hulle kinders kyk en hou hul selfoon gewoontes dop. Maak hulle elke dag bedag op wat kan gebeur..
Kaltie 12/13/2009 1:33:02 PM
Ma se vriend? Ouers is so besig met hulle eie dinge en plesiere, dat kinders wild rondhardloop.
Hennie 12/13/2009 1:34:14 PM
Ouers misluk in die opvoeding van hulle kinders.
Kry vir jou! 12/13/2009 1:42:55 PM
Ouerverantwoordelikheid! Ek lÊ die skuld vierkantig voor die ouers! Sy IS immers JOU kind...en so is elke kind sy/haar ouer se verantwoordelikheid. Geen simpatie nie...hoop die klein merrie het haarself lam geskrik!! En ek hoop ander ouers LEER iets hieruit..wake up!!
Wendy 12/13/2009 8:02:27 PM
Ek is jammer maar hoe is die kind opgevoed as sy nie eers die common sense het dat 'n mens ontmoet nie vreemdelinge,nog te sê vreemde mans in 'n winkelsentrum!!!
As ouers hulle kind op so jong ouderdom 'n selfoon in die hand druk(en ja mense gebruik dit vir praktiese doeleindes) maak seker jy verduidelik aan jou kind om weg te bly van sulke websites.
Ja kinders leer dit tussen hulle maats en sal nie altyd sê waarmee hulle besig is nie,maar as jou kind ongesellig is en PERMANENT op hulle selfone is moet jy as ouer die gevaartekens sien en maak seker jy konfronteer hulle al kos dit om hulle fone af te vat en kyk waarmee hulle besig is.
Daar is gedurig gerugte in die pers oor hoe gevaarlik dit is....
Vir my is dit hartseer die kind kon iets veel erger oor gekom het,hopelik het haar ouers wakker geskrik en sy het haar les geleer!!!!!!!
Daardie kind moet eers weer 'n selfoon kry wanneer sy dit self kan bekostig.
Ma 12/13/2009 9:58:37 PM
Mxit is nie die euwel nie, net soos die Internet nie 'n euwel is nie. Dis MENSE wat middelle misbruik, en dan in die moeilikheid beland. Praat met jou kinders, gedurig, oor gevare soos die, en wat met hulle kan gebeur. die kind het 'n oordeelsfout begaan, wat, genadiglik vir haar, nie te ver negatief gegaan het nie. ek is dankbaar dat haar ouers so vinnig opgetree het en dat sy veilig tuis is. Slegte mense sal ENIGE_IETS gebruik om hulle doel te bereik, en spits hulle hoofsaaklik op die naiwiteit van kinders toe om kinders te lok. Die Gert van Rooyen-misdade is gepleeg lank voor selfone en ander tegnologie...
Juffrou 12/13/2009 11:14:11 PM
Wat maak jy met twee selfone? Jou ouers is onverantwoordelik en jy volg hulle voorbeeld. Ouers word wakker...die jeug se kennis van tegnologie is julle ver vooruit en hulle draai julle 'n rat voor die oe!
Wake up call!!! Wie se kind is volgende? Want kinders gaan nie stop op MXIT nie - die ouers moet ingryp en hulle kinders beskerm!
Jammer ek het geen simpatie met jou nie...kinders word daagliks op skole gewaarsku teen die euwel en gevare van aanlyn geselskamers..hoop jy het 'n groot les geleer juffoutjie - hoop ander leer weer by jou! Jammer daar het aaklige goed met jou gebeur en jou pa is nou jammer...hy moes sy brein gebruik het en dit gekeer het - spyt is nou bietjie te laat!!! En JY is verantwoordelik MA en PA!!
JANE 12/14/2009 8:47:10 AM
Julle ken nie die ouers nie. Sy was gewaarsku, maar n ouer kan ook net so ver waarsku wat n kind daarmee maak vind ons almal maar net met n skok uit. Ja 14 en ek ken haar, nie die wereld wysheid wat baie meisies van 14 het nie. Sy is baie beskerm groot gemaak in haar huis. Ja sy het n fout gemaak maar kan enige van julle se julle kinders is foutloos. Wees eerder bly saam die ouers dat sy goed af gekom het van dit. Die mans is die helsims nie sy nie.
@Jaaaaaa! 12/14/2009 9:37:35 AM
Nie almal is wêrelds soos jy nie. Daardie 14jarige meisie is nog een van die onskuldiges. Dis definitief nie haar skuld dat 2 mans wat wêrelds is haar gekul het nie. Ongelukkig het sy op die harde manier geleer hoe siek ons wêreld rerig is. Wat doen JY om mense bewus te maak van die misdaad, of dink jy jou negatiwiteit is genoeg? Jy weet ook nie wat rerig gebeur het nie, jy weet nie wat hulle presies vir haar gesê het om haar te lok nie. Hoe moeilik is dit om 'n onskuldige 14jarige se simpatiek en vertroue te kry? Dis definitief nie die mans se eerste keer nie, en hulle ken definitief al die trieks in die boek. Hê 'n bietjie simpatie vir 'n gesin wat vir ewig verwoes is....
Boerseun75 12/14/2009 11:18:51 AM
Ek is dit eens met "Ma" hierbo. Tegnologie is beslis nie die euwel nie. Mense sal enigiets gebruik om van onskuldiges, slagoffers te maak. In dieselfde asem wil ek byvoeg dat ek kinders gesien het wat nog kinders is en bloot naief deur die bliksems in hulle web gevang is, maar dan het ek ookal die anderkant van die muntstuk beleef waar kinders vroeg ryp vroeg vrot was en loop en soek vir die dinge. Mxit en die internet het dit vir hulle, die slagoffers en die los girls/seuns net soveel makliker gemaak om dinge te doen wat mens so paar jaar terug nie in jou wildste drome sou kon glo nie. Ek glo ouers kan net soveel waarsku en soveel keer in die kinders se kaste,tasse en persoonlike lewe krap, as kinders hulle kop op iets gesit het sal hulle dit doen/kry, maak nie saak hoe skelm hulle daaroor te werk moet gaan nie. Alle sterkte vir die gesin, ek hoop dinge gaan gou beter en julle het mense wat julle kan bystaan in die tyd.
Carlo 12/14/2009 11:44:29 AM
Hierdie girl is either verskriklik maklik of verskriklik dom!!! Sy kort 'n helse pak slae en haar ouers behoort krimineel aangekla word!
avr 12/14/2009 4:40:09 PM
@Kaltie - in die berig sê hul haar ma se lewensmaat nie vriend nie! Ek stem hoe moeilik kan dit wees om n 14 jarige se aandag te trek of se simpatie te kry? Ouers kan nie 24/7 oor hul kinders se skouer loer nie, sy het n fout gemaak en daaruit geleer dink jul nie dat die ouers hulself nou klaar genoeg blameer nie? Jis mense, nee regtig dit kon met enige iemand gebeur het.
Patat 12/14/2009 4:42:45 PM
Jy kan nie sommer enige iemand alleen op mxit gaan staan en meet net waar jy wil nie...hoe op dees aarde in hierdie land van ons wil jy dit doen. In elk geval dink ek mxit is nie vir kinders nie want daar is soveel mans daarop wat varke is dit is net nie snaaks nie...ek hoop net jy maak nie weer dieselfde fout nie pop
JessicaH 12/14/2009 6:13:59 PM
Ek is terleurgesteld in die kommentaar wat ek hier lees. Ek ken die ma en die kind, en as ek een ding kan se is hulle albei baie goeie mense. Sy het al haar kinders lief, en so iets gaan gebeur as dit kan gebeur. Die meisie is baie verantwoordelik, ja sy het 'n fout begaan, moenie vir my se nie een van julle het al aangejaag toe julle jonger was nie. Onthou die wêreld het baie verander vandat ons 14 was, hoekom haar verder straf vir iets wat die wereld gedoen het. Ek kry julle almal jammer met julle harteloosheid, julle het nie die ma gesien nie, julle weet nie wat sy deur gemaak het nie. Haal die balke uit jul eie oë voordat julle die splinter uit die ma se oog uit haal!
Jaaaaa! 12/14/2009 7:00:40 PM
Die tor wat my hierbo aanval by @Jaaaaaa gt a life asseblief.  Dink jy die "dogtertjies" word met blikbroeke en blind/doof gebore?  Weet jy wat aangaan in die wêreld jou dom sot!?  Daai "dogtertjie" se agtergrond kan maar ondersoek word en ek waarborg jou sy "move" nie van vandag af nie.Wake-up.Wat doen ek....  ek lig my kinders in oor wat aangaan sover moontlik en jy of los jy dit vir die pastoor wat haar praktiese klasse kan gee in si "binnekamer!?"  Word wakker aap!
Ek 12/15/2009 11:51:08 AM
Dit is sekerlik onnodig om mekaar hier aan te val. Mense maak foute, maar hoe gaan dit dinge beter maak deur mekaar hier sleg te sê. Om naief te wees is nie altyd 'n slegte eienskap nie, maar ongelukkig gevaarlik in die tyd. Ek voel ons as mense moet saam staan en 'n oplossing vind vir die probleem. Dit is nie regverdig teenooor haar nie, en ook nie ons buitestaanders se plug om haar te veroordeel nie. Maak nie saak of sy nie so onskuldig is nie. Verondstel jy as n ouer wat dink jy doen alles op die "regte manier" kom so iets oor - wie gaan dan te blaam wees?
Bid eerder dat God kinders die wysheid sal gee om meer verandwoordelik te wees, dat hulle die vrymoedigheid sal hê om oop te wees met hulle ouers.
GATVOL VIR MXIT 12/15/2009 1:52:14 PM
Wil die mense wat mxit gebruik nie maar net n lewe kry nie asb......ek haat die woord mxit daar is ondergronds oral op daai woord gesmeer!!!!!! dit verwoes n mens se lewens mense kom by asb!!!
Karin 12/15/2009 2:50:54 PM
Moenie mxit die skuld gee vir ontvoerings ens wat plaasvind nie. Blameer eerder die gebruiker van mxit en hulle ouers wat nie weet waar die kinders is of waarmee hulle, hulle besig hou nie. As ouers meer weet van mxit en weet hoe om dit te gebruik sal hulle weet dat dit 'n baie goeie kommunikasie middel is AS dit reg gebruik word.Ouers moet nie hulle verantwoordelikheid op mxit oorplaas nie. Dit is nie mxit se skuld dat die meisie ontvoer is nie. Dit is die ouers se skuld wat nie weet waarmee die meisie haar in die dag besig hou nie. Watter ouer laat toe dat haar 14 jarige alleen na 'n winkelkompleks gaan??? Ouers hou op vingers wys en neem verantwoordelikheid vir julle kinders se opvoeding dan sal hierdie dinge nie gebeur nie.
Peanut 12/15/2009 3:40:08 PM
Wees dankbaar die meisie is opgespoor en gelukkig nie verkrag of vermoor nie. Daar is so baie dinge wat met haar kon gebeur het. Mens kry nie probleem kinders nie, jy kry probleem ouers. Dit begin alles by opvoeding en respek. Mens kan nie 24/7 weet wat jou kind doen nie. Maak net seker jou kind is so opgevoed en het respek vir jou dat sy/hy jou ten volle vertrou en laat weet wat in hulle lewens aangaan en waarheen hulle gaan as hulle uitgaan. Dis altyd makliker gesê as gedoen BUT IT ALL BEGINS AT HOME!
JessicaH 12/16/2009 2:31:09 PM
Mense ons praat hier van kinders nie robots nie. Soos ek al gese het, jy kan jou kind reg groot maak, maar die besluite wat die kind maak is hulle eie en die ouers kan niks daaraan doen nie. Die ma was by die werk, wat wil julle he, moet sy bedank sodat sy by die huis kan sit en haar kinders oppas, gaan julle die huur vir hulle betaal en kos op die tafel sit sodat sy heeldag by haar kinders kan wees????? Ek het nie so gedink nie, so as julle niks ordentliks het om te se nie, en nie verder as julle neuse kan dink nie bly eerder stil.
Iemand wat haar ken 12/16/2009 4:21:16 PM
Ok. Aan almal wat hier sit en baklei oor iemand en 'n situasie waarvan hulle NIKS weet nie (omdat dit so k@k gerapporteer is in hierdie artikel) wil ek net sê: 1) Sy het nie foto's uitgeruil nie. Sy wou nie die man ontmoet nie. Haar VRIENDINNE het met die man gechat op Mxit. Sy het hom nooit op Mxit ontmoet soos die berig sê nie. 2) Omdat haar ouers haar reg geleer het, het sy haar vriendinne gewaarsku. Omdat sy nie met die man wou chat nie, was sy geteiken. Hy het presies geweet hoe sy lyk al het sy 'n punt gemaak om die situasie te vermy. Sy wou nie saam met om in die kar klim nie - sy was deur 'n ander man ingestamp. 3) Sy was GEDRUG met HEROIEN EN COCAINE en toe VERKRAG deur meer as 4 MANS in 'n huis waar hulle meisies vir die doel aanhou. Hulle het haar nie net eenvoudig 4 glase wyn laat drink nie. Hulle het haar dronk gemaak sodat sy gedrug kon word. 4) Die polisie wou GLAD NIE HELP NIE. Daar was nie "n landwye soektog" nie. Bullsh@#!. Sy is gekry oor 'n vriendin van haar pa 'n kontak in die polisie moes SMEEEEEEEEEK om haar selfoon te trace. Die kontak het met lang tande gehelp, en het ook in die moeilikheid gekom. Nadat die polisie PRESIES geweet het waar om haar te kry (en nie omdat hulle self haar opgespoor het nie), het hulle 4 ure gewag voor hulle sleepvoet haar gaan kry het. So aan almal wat hulle daarin verlekker om hier te sit en te judge, te skinder, haar sleg te sê, haar ouers sleg te sê: 'N EERLIKE ONSKULDIGE DOGTER, MET EERLIKE, GOEIE EN OPREGTE OUERS WAT HAAR AL DIE REGTE GOED GELEER HET, WAS GETEIKEN JUIS VIR DAARDIE REDE! NIKS WAT SY OF HAAR OUERS GEDOEN HET HET HAAR HIERDIE TRAGEDIE LAAT VERDIEN NIE! SY MOET VIR ALTYD MET HIERDIE HERINNERING VAN DRUGS EN RAPE SIT, EN JULLE VIND DIT LEKKER OM HAAR TE KRITISEER! VAN WANNEER AF IS 'N 14 JARIGE KIND VERANTWOORDELIK VIR WAT SIEK VOLWASSENES MET MOEITE BEPLAN EN UITVOER?! Dankie aan Beeld, Rapport en Pretoria News wat die storie so aaklig gerapporteer het en almal onder die verkeerde illusie gebring het. Meanwhile is Danel sterk, en ons werk hard om haar te ondersteun en haar liefde te toon sodat sy nie met scars sal groot word nie. En net vir ingeval almal nou op hol gaan loop, my gaan wil slegsê oor my kommentaar en sê "mamma of pappa het ons kom uittrap want hulle voel skuldig": Ek is nie haar ma of pa nie. SY IS 'N ONGELOOFLIKE KIND WAT NIE JUL KRITESERING VERDIEN NIE. Sy is sterk - sterker as enige een van jul hier, sterker as selfs ek. Hou jul mond van haar af.
JessicaH 12/17/2009 6:32:18 AM
@IEMAND WAT HAAR KEN: Hoor Hoor dit is goed om te sien dat ander ook die snert hier lees ek en JANE hierbo is familie van Danelle en ons het gese wat ons kan. Die mense hierbo wat dink hulle weet alles is die gemors, soos jy se ken hulle nie die kind of haar ouers nie. Hoopenlik sal alles nou eindig en sal hulle haar en haar ouers nou uitlos. Slegte dinge gebeur met goeie mense dit is nou maar eenmal hoe dit is. Al wat ons kan doen nou is die ouers en die kind bystaan dit is tog wat ware Christene doen!
Mxit gebruiker 12/17/2009 1:01:08 PM
Ek gebruik mxit nou al amper 2 jaar en ek moet sê dat dit wel 'n baie gevaarlike program is en ek dink hulle moet die ouderdom beperking opskuif na 21 toe. Want soveel jong mense val in die lok wat al so baie deur getrap is en 'n mens kan lieg of die ding sê jy jonger of wit/swart wat ookal en die persoon aan die ander kant sal nie weet of jy die waarheid praat of nie. Ek is bly sy is veilig het haar al 'n paar keer raak geloop in Montana omgewing. Ek dink net die ouers moet dankbaar wees. Ek sal nie toelaat dat my kinders op mxit gaan voor hulle nie 21 is nie. Hulle moet nog kinders wees nie groot probeer wees in grootmens wêreld nie. Ek weet nie altyd moontlik en ek blameer nie die ouers want sy hoort te weet wat is reg en wat is verkeerd. Maar ek persoonlik sal meer daarop let.
Nickey 12/17/2009 2:54:44 PM
Kinders moet nie eers mxit op jul fone hê nie, dis 'n duiwels ding. Ouers wees versigtig
Nickey 12/17/2009 2:59:48 PM
JessicaH jy is seker self nog n kind. Ons as ouers is net bekommerd oor ons kinders. Elkeen het die reg tot sy eie opinie
JessicaH 12/17/2009 6:38:14 PM
@Nickey Nee ek is lankal nie meer 'n kind nie, maar ek is ook nie blind nie, ek is 30 en ek weet wat in die wereld gebeur en ek het al genoeg gesien om te weet hoeveel siek mense hier is. Nickey ek stem saam almal het 'n reg tot hulle eie opinie, dit is as hulle al die feite het en duidelik het die mense nie! Ek is net so bekommerd oor die jeug van vandag, maar ek weet dat ouers net soveel kan doen en nie meer nie. Die goeie Here het almal met breins geskape kinders en groot mense, wat ons met dit doen is in ons hande.
avr 12/18/2009 9:30:07 AM
Daar is niks fout met mxit nie ek gebruik dit al lank, maar ek gaan nooit in die 'chat' rooms in nie. Ek het dit op om met my familie en vriende te kommunikeer, dit is nie mxit wat van die duiwel is nie, mense. Dit is die gebruikers wat dit misbruik, ouers kan net soveel doen en niks meer nie, en die wat haar ken wat getuig het ek glo julle, niemand sal vir so iets vra nie.
blom 1/4/2010 6:07:44 PM
Ek dink persoonlik moet hulle mxit verbied want daar is baie OU ORIGE MANS wat hardop is vir vrouens. Ek haat mxit want daar is brein sieke mans en vrouens op mxit...  Bid vir die regte persoon .... Ek haat OU MANS WAT SOOS PERDOFIELE IS.....
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Limited 2.8 CRD 4x4 Dsl AT
2005
R 179,995.00

FIAT

Strada 1.2 EL PU
2006
R 59,995.00

AUDI

TT Roadster Quattro 1.8
2004
R 189,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...