Ma vertel hoe afknouery seun aftakel

2012-12-16 02:27

’n Ma van ’n afgeknoude kind vertel: Jacques* was die kleinste in sy gr. 7-klas. 

Groter seuns het hom getreiter deur goed buite sy bereik vas te hou, sy hare te vryf of in die badkamers aanmerkings oor sy geslagsdele te maak. 

’n Seun het op ’n keer opsetlik op sy voet geürineer. 

Jacques het die personeel hiervan vertel, maar is aangesê om op te hou stories aandra en ’n sissie te wees en te leer om sy man te staan. 

Hy het uit verdediging begin om poetse te bak en mense te terg. 

Hy het ál meer in die moeilikheid gekom en sy skoolwerk het agteruitgegaan. 

Op ’n keer het ’n onderwyseres hom in ’n klas vol kougomkouende kinders uitgesonder en moes hy kougom in sy hare druk. 

Die klas het gelag, maar Jacques was in trane. 

Ek en my man het ’n kenner geraadpleeg en met inligting oor hoe boeliegedrag aandag moet kry, die hoof gaan sien. 

Die hoof het egter gevoel dis belangriker om oor Jacques se gedrag te praat. 

Ek het met hom saamgestem dat dit skoorsoek is om gom op groter seuns se stoele te smeer en ’n padda in hul sportskoene te sit. 

Maar ek het aan hom en die juffrou van die kougom-episode (waarvan die hoof nie geweet het nie) verduidelik hoe meer Jacques verneder word, hoe meer gaan hy negatief reageer. 

Die volgende dag het die hoof aan die gr. 7’s gesê om op te hou om mekaar te boelie en dat hy nie weer stories van ouers wil hoor nie. 

Jacques het ál stiller geword, ál meer in die moeilikheid beland, maer geword en met sy skoolwerk het dit vrot gegaan. 

Hy wou niks doen nie. 

Op ’n dag het hy by twee geleenthede sy humeur verloor toe ’n seun hom eers gepootjie het en later sy kleinboetie rondgestamp het. 

By die tweede voorval het Jacques die seun met ’n knuckle duster geslaan. 

Hy moes die res van die jaar detensie staan en mag nie op ’n skooltoer gegaan het nie. 

Ons het Jacques die volgende jaar na ’n hoërskool in heeltemal ’n ander dorp gestuur. 

Die koshuisvader hier is ’n ongelooflik wyse man wat vir Jacques gesê het hy wil hom leer ken soos hy is en wil nie van sy verlede weet nie. 

* Skuilnaam

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Alle demone is natuurlike bedrieers, maar hulle weerspreek mekaar nie sommer nie... Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.