'Maak maar vrede met tolkoste'

2012-02-24 14:28

Kaapstad. - Die regering gaan sy tolstelsel in Gauteng op padgebruikers afdwing.

Mnr. Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, het gister op ’n mediakonferensie gesê die regering sal nie oortredings van die tolstelsel duld nie.

“Mense moet besef die tolstelsel is nie ’n slegte droom nie, dis ’n werklikheid wat gaan gebeur en dit moet baie duidelik wees aan almal.”

Manyi het gesê dis onmoontlik vir die fiskus om die las (van die tolpadskuld) alleen te dra en as mense nie die wet gehoorsaam nie, sal die reg sy gang moet gaan.

Cosatu het eergister ná die begrotingsrede gesê hy verwerp die regering se jongste plan met die tolpaaie waarvolgens die toltariewe met tot 10c/km vir klein motors verlaag is.

Ander maatreëls is ook in sy begrotingsrede deur mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, aangekondig.

“Ons verwerp die tolstelsel in sy geheel,” het mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die vakverbond Cosatu, gesê.

Manyi het gesê die vakbonde het ’n reg om te “doen wat hulle wil, solank dit binne die wet gebeur”.

“Die tol is ’n ernstige saak, maar die regering wil dit duidelik stel: Die tolstelsel kóm en daar is ook wetgewing op pad om die afdwingbaarheid van die tolstelsel te verseker,” het Manyi gesê.

Mnr. Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, het gister aan Beeld gesê die regering moet hom staal.

“Hulle het nou die (tol-)besluite geneem en nou moet hulle daarby staan. Ons gaan voort met ’n landwye staking, dit is gewis. Die vraag is nou net waar gaan die samelewing staan?”

Ehrenreich het gesê dit is duidelik dat daar verder samesprekings en onderhandelinge gevoer sal moet word.

Mnr. George Mahlasela, direkteur-generaal van vervoer, het gister gesê die jongste tariewe sal “so spoedig moontlik” in die Staatskoerant gepubliseer word.

Hy het gesê die ander wetgewing rondom die tolstelsel het te doen met wetstoepassing van die tolstelsel.

“Die idee is om die strafproses nie strafregtelik te maak nie, eerder siviel, wat die proses eenvoudiger en vinniger sal maak om oortreders vas te vat.”

Beeld verstaan die idee is dat as motoriste sonder e-skyfies deur die tolhekke ry, die balju gestuur sal kan word om op eiendom beslag te lê om die tolgeld te herwin.

Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gister gesê AfriForum het regsadvies ingewin om ’n regsmening oor die kwessie te kry.

“Ons aanvaar nie die jongste aankondigings nie.

“Ons het ’n regsmening, maar dit is in terme van die vorige feitestel. Dié feitestel het nou verander.”

Mnr. Jack Bloom, DA-LPW, het gesê regstappe is volgende op die agenda en ’n interdik is die volgende stap.

“Ons steun ook ’n boikot van die tolpaaie.”

* Volg Rapport op Twitter en Facebook

 

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 9-19°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 6-15°C Sunny. Cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-22°C Sunny. Mild. PE: 10-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!