Mak reptiele laat hulle slange vang

2012-04-07 22:36

Mnr. Ahmed Nagdee en sy staffordshire-bulterriër, Gizmo. | Foto: Cornél van Heerden

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Rinkhals, pofadder of kobra op jou voorstoep is nie meer buitengewoon nie – selfs al bly jy in voorstedelike Johannesburg, Kaapstad of Bloemfontein.

En in die Laeveld moet inwoners veral liggies trap vir spoegkobras.

Dís die waarskuwing van mnr. Ahmed Nagdee, ’n herpetoloog van ReptiRescue in Johannesburg.

“Voorvalle van slange wat in woonbuurte opgemerk word, neem toe. In die laaste twee jaar het dit landwyd met 28% toegeneem; in Gauteng met tot 34%.”

Nagdee het vanjaar al 15 slange, meestal rinkhalse, met behulp van sy staffordshire-bulterriër, Gizmo, in Johannesburgse woonbuurte gevang.

Gizmo het onlangs gehelp om twee albino-luislange van 3,5m wat aan ’n Sandton-inwoner behoort op te spoor nadat dié “troetelslange” soek geraak het.

Nagdee sê hy het eers jack russells gebruik om slange op te spoor. “Hulle is uitstekende slangvangers, maar probeer altyd die slange doodmaak en kry dan self seer.”

Nou is Gizmo sy slangvanger-vriend.

“’n Staffie se reuksintuig is nie genoeg ontwikkel om slange soseer uit te ruik nie, maar hy het ’n uitstekende vermoë om ’n slang raak te sien.”

Nagdee skryf die voorkoms van uiters giftige slange in woonbuurte toe aan residensiële ontwikkelings wat slange se natuurlike habitat versteur.

Mnr. Johan Marais, ook ’n herpetoloog en skrywer van A Complete Guide to Snakes of Southern Africa en die meer onlangse What’s That Rep­tile? is besorg oor die toenemende aantal uitheemse troetelslange wat uit hul voorstedelike hokke ontsnap.

“Baie van hierdie slange is giftig en daar is nie die regte teengif (in Suid-Afrika) beskikbaar nie,” sê Marais.

“’n Verdere probleem is as die slange nie opgespoor word nie, kan hulle hul in die natuur vestig en met inheemse slange begin meeding om habitat of hulle selfs met siektes en parasiete besmet.”

Eksotiese slange is ’n groot bedryf, veral in Gauteng waar mense nie ’n permit nodig het om dié soort slange aan te hou nie.

In die Wes-Kaap is die aanhou van eksotiese slange onwettig en troeteldiereienaars moet ’n permit hê vir inheemse slange. In KwaZulu-Natal mag jy eksotiese slange aanhou met ’n permit.

Dink twee keer voordat jy ’n slang aanskaf as troeteldier, sê Nagdee, asook die Dierebeskermingsvereniging (DBV).

“Daar is nie iets soos ’n mak reptiel nie, veral nie slange nie. Hulle sal enigiets doen om te oorleef.

“Daar is selfs mense wat baba-krokodille aanhou en dit dan later in riviere gaan loslaat,” sê Nagdee.

Volgens die DBV se webwerf, www.nspca.co.za, kan mense siek raak van die salmonella-bakterie wat alle reptiele dra.

Boonop vrek tot 90% van wilde reptiele in die eerste jaar in aanhouding weens beserings met hul vangs of omdat daar nie in hul komplekse behoeftes voorsien word nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-15°C Rain late. More clouds than sun. Cool. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-10°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-19°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Showery. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!