Malariapil al in 2013 getoets

2012-09-01 23:54

Die navorsers prof. Kelly Chibale, dr. Leslie J. Street en dr. Richard Gordon in die laboratorium by Ikeys waar die grootste deel van die MMV390048-navorsing gedoen is. | Foto: Michael Hammond

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die “super-pil” wat ná talle kliniese toetse verder ontwikkel gaan word om malaria te genees, is baanbrekersnavorsing – deur Afrika, vir Afrika.

So meen prof. Kelly Chibale, hoof van ’n span navorsers aan die Universiteit van Kaapstad (UK) wie se werk die doodsteek vir dié siekte kan wees.

Drie jaar se proefnemings op rotte en honde in Ikeys se Drug Discovery & Development Research Centre (H3-D), in samewerking met Medicines for Malaria Venture (MMV) in Switserland het die navorsingsgroep van 12 gebring by ’n volgende mylpaal: Om in 2013 met kliniese toetse op mense te begin.

Op grond van die aanvank­like suksesresultate is die middel, wat die MMV390048-molekuul genoem word, deur MMV gekies vir verdere ontwikkeling.

Chibale en Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het vroeër die afgelope week die ontwikkeling aangekondig van dié enkeldosis-malariageneesmiddel wat ook die oordrag van die malariaparasiet tussen mense keer.

So ’n enkeldosis – in teenstelling met toedieningsreekse – sal dit vir lyers makliker maak om te gebruik. ’n Weerstandigheid is al in groot mate teen ander malariamiddels opgebou omdat lyers hul medikasiereeks-toediening onderbreek.

Die nuwe middel het die potensiaal om dié siekte, wat van Afrika se grootste gesondheids- en ekonomiese krisisse veroorsaak, heeltemal uit te wis, het Chibale Vrydag aan Rapport gesê.

Volgens hom sterf sowat 800?000 mense jaarliks in Afrika aan malaria, van wie 90% kinders onder vyf is.

Dis veral in arm, landelike gebiede waar daar min weerstand is waar die parasiet deur die muskietwyfie oorgedra word.

“Miljoene mense word voortdurend besmet. Mense dink malaria is ’n siekte wat jy een keer in ’n leeftyd opdoen, maar in sekere dele van Afrika het volwassenes van so 40 jaar oud al tot 27 keer malaria gekry.

“Daar is Afrikane wat dit vyf tot ses keer per jaar kry,” sê dr. Richard Gordon van die Technology Innovation Agency.

Die doelwit is om teen 2015 wêreldwyd sterftes weens malaria te beëindig.

“Malaria is ’n brutale, robuuste siekte wat die rooibloedselle aanval.

“Daar is mense wat, sonder behandeling, binne ’n dag daaraan sterf. Jy sweet, jy’s moeg, swak en koorsig,” sê Chibale.

Drie jaar se geleidelike sifting om die molekule uit te wys wat die malariaparasiet kan doodmaak, is gevolg deur herhaalde bevestigingseksperimente.

“Ons moes ’n dier doelbewus besmet, daarna die middel toedien en toe toesien dat dit veilig deur die bloedstroom gaan en die dier genees,” volgens Gordon.

Dr. Leslie J. Street, hoof van mediese chemie en hoofnavorsingsbeampte by Ikeys, sê faktore wat in ag geneem moes word is die koste vir pasiënte, kardiovaskulêre risiko’s, oplosbaarheid, toediening oraal of per inspuiting, asook die risiko om dié middel saam met MIV- en tering-teenmiddels te gebruik.

“Die uiteindelike opwinding was dat ons vasgestel het één tablet sal genoeg wees.”

Volgens Chibale is die werk “baanbrekersnavorsing”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Tertia Rossouw Möller sê... Hier is niks oor van hierdie land nie. Mamparra-land. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.