Malema gem**r met Moët

2012-07-23 05:52

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, moes behoorlik sy wonde lek nadat hy by ’n vriend se troue met bottels van sy gunsteling- Franse sjampanje getakel is.

Malema se arms was vol snymerke en kneusplekke nadat hy met bottels peperduur Moët & Chandon bestook is by die huweliksonthaal van sy vriend Collins Foromo.

Toe sy aartsvyand, Nigel Baloyi, en ’n paar van Baloyi se vriende ook by die onthaal in die Honeymoon Lodge in Seshego, Limpopo, opdaag, was Malema glo so kwaad dat hy beveel het hulle moet uitgegooi word, vertel ’n gas wat anoniem wil bly.

Baloyi is die jeugliga se sekretaris in die ANC se Peter Mokaba-streek.

“Baloyi het toe weggegaan en later met meer vriende opgedaag.

“Malema het toe op die verhoog gespring, die mikrofoon gegryp en begin gil: ‘Ons sien misdadigers hier! Ons sien belhamels!’?”

Malema het aangehou met sy tirade. “As julle wil baklei, is ons reg vir julle,” het hy glo geskel.

“Ons is die produkte van straatgevegte.”

En toe vlieg die bottels. Baloyi en sy vriende het Malema eers met wynbottels en toe met bottels Moët & Chandon bestook.

“Daar was ’n bietjie chaos toe mense skuiling gesoek het. Die polisie is ontbied en die vrede is herstel.

“Die onthaal is die volgende dag in Giyani voortgesit, waar ek Malema met ’n verband om sy regterarm gewaar het.”

Malema het erken hy was by die onthaal, maar ontken dat hy in ’n geveg met iemand betrokke was.

“Toe ek daar weg is, het niks van dié aard gebeur nie.”

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Passing showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 4-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-10°C Sunny. Cool.
Dbn: 10-18°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-18°C Rain early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!