Malema in taks-knyptang oor R16 miljoen

2013-01-12 23:52

Julius Malema op sy plaas buite Polokwane in Limpopo wat deur die batebeslagleggingseenheid in beslag geneem kan word. | Foto: Lucky Nxumalo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bankrotskap staar die eens magtige Julius Malema in die gesig in sy stryd teen die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en sy vriende en vennote het hom in hul hordes versaak.

In ’n eksklusiewe onderhoud met Rapport het Malema, indertyd so invloedryk dat presidente na hom gevry het en so gevrees dat boere hof toe is om sy hatige uitsprake te stuit, die afgelope week vertel hoe hy as ’n “melaatse” verwerp is deur mense wat tot onlangs nog sy bondgenote was.

Rapport het by twee onberispelike bronne verneem Lesiba Gwangwa, ’n sakeman van Limpopo en Malema se mede-beskuldigde, werk ten volle met die SAID saam en is “in gesprek” met die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in hul ondersoek na en vervolging van Malema.

Gwangwa het die afgelope week ontken dat hy ’n staatsgetuie geword het.

Malema, Gwangwa en drie van hul sakevennote staan in Polokwane tereg op aanklagte wat wissel van geldwassery en rampokkery tot bedrog en korrupsie wat spruit uit die toekenning van tenders deur die Limpopo-regering.

Malema word daarvan beskuldig dat hy sy politieke invloed gebruik het om openbare kontrakte deur middel van ’n reeks maatskappye te bekom.

’n Infrastruktuur-kontrak van R52 miljoen vorm die kern van die saak teen hom.

Rapport het in September verlede jaar berig die SAID het ’n hofbevel van R16 miljoen teen Malema bekom weens agterstallige belasting en boetes.

Malema het nou verantwoordelikheid vir sy belastingrekening aanvaar, maar het deur sy prokureurs die SAID laat weet dat dit nooit sy bedoeling was om belasting te ontduik nie.

Rapport verneem Malema is bereid om minder as R4 miljoen aan die SAID te betaal om sy belastingrekening te delg.

Malema het die afgelope week gesê sy privaatheid as ’n belastingbetaler moet gerespekteer word, maar bevestig dat hy en die SAID die saak probeer beredder.

Onderhandelings met die SAID is in ’n “baie sensitiewe stadium”, maar hulle is besig om “mekaar te vind”, sê Malema.

Die SAID moet Malema nog inlig oor sy besluit oor die aanbod, maar Rapport verneem die belastinggaarder is nie geneë om minder as die volle R16 miljoen te verhaal nie.

Malema sou moontlik die skuld in paaiemente aan die SAID kon betaal, maar dit sal vereis dat hy ’n volle bekentenis maak en alle vereiste inligting aan die belastinggaarder verskaf.

Dít kan rampspoedige gevolge vir hom in sy strafsaak inhou.

As hy dan nie sy belastingrekening kan betaal nie, sal daar op sy bates beslag gelê word en kan hy bankrot verklaar word.

Malema sê hy het sy volle inkomste verklaar.

“Daar is nie ’n sent afkomstig van dwelms of die onderwêreld nie. My lewe is ’n oop boek.”

Gwangwa was self die teiken van ’n ondersoek van die SAID nadat hy glo versuim het om belasting van miljoene te betaal.

Gwangwa het verlede jaar ’n hooggeregshof-aansoek ingedien om ’n belasting-ondersoek na 18 van sy maatskappye te keer.

Malema se familietrust het ’n aandeel in sommige van dié maatskappye gehad.

Hy het later sy aansoek teruggetrek en die ondersoek het voortgegaan.

Gwangwa het ten sterkte ontken hy word ’n staatsgetuie.

“Ek weet niks van so iets af nie,” het hy gesê.

“As die NVG ’n taak het om te verrig, moet hulle dit sonder my doen.”

Adrian Lackey, ’n SAID-woordvoerder, het gesê die belastinggaarder mag nie kommentaar lewer oor die sake van enige belastingbetaler nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
113 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Woody Woodpecker sê... zuma kan net strooi praat, dis hoe hy aan bewind bly, imagine hy gee om. dis om van te lag. Ek dink nie hy kan sy eie zip optrek nie. Al wat hy kan doen is om vir ons almal middelvinger te wys as hy elke 30 sekondes sy bril opstoot daar waar normaalweg n neusbrug is. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-20°C Rain late. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.