Malema se R2 miljoen kontant

2011-07-30 20:16

Dit is al wat oor is van mnr. Julius Malema se spoghuis wat hy destyds vir R3,6?miljoen aangeskaf het. Hy het die huis laat sloop en is tans glo besig om ’n nuwe huis te laat bou wat selfs nóg meer gaan kos. Foto: Leon Sadiki

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het R2 miljoen van die koopprys van sy spoghuis in Sandton in harde kontant betaal en skaars drie jaar later is daar net ’n gat in die grond van oor.

Malema het die huis laat sloop en beplan om ’n huis daar te bou wat miljoene rande méér kos.

Die kontant wat hy vir die oorspronklike huis betaal het laat verdere vrae ontstaan oor hoe hy sy swierbol-leefstyl finansier.

Die huis het R3,6 miljoen gekos. Mnr. Ken Hollingsworth, die vorige eienaar, het in ’n eksklusiewe onderhoud met Rapport se susterkoerant City Press onthul Malema het:
* Eers die huis teen R18 000 per maand gehuur en die huurgeld ’n jaar vooruit betaal;
* ’n kontantdeposito van R360 000 betaal; en
* die uitstaande bedrag van meer as R1,7 miljoen op die huis van R3,6 miljoen, nadat ’n Absa-verband van R1,5 miljoen uitbetaal is, is in “twee of drie” kontantdeposito’s in sy rekening betaal.

Malema het vroeër beweer die huis het ’n volle verband deur ­Absa, maar Hollingsworth se onthullings vertel ’n ander verhaal.

Kort nadat hy ingetrek het, het Malema gevra of hy die veiligheid kan verbeter.

Hollingsworth het ingestem.

Malema het in middel-2009 laat blyk hy wil die huis koop.

Hollingsworth wou aanvanklik nie verkoop nie, maar het ’n paar maande later ingestem.

“Malema het ’n deposito van 10% (sowat R360 000) betaal nadat die dokumente onderteken is. Hy het ’n Absa-verband van R1,5 miljoen gehad. Die uitstaande bedrag is in kontant in my rekening inbetaal.”

Hy onthou nie die oorsprong van die betalings nie.

Om sy leefstyl te handhaaf, moet Malema R123 000 per maand verdien, het ’n aktuaris die afgelope week bereken. Hieronder tel sy twee huise in Sandown en Polokwane, asook paaiemente op sy Mercedes-Benz C63.

’n Salaris van R123 000 per maand plaas hom in die boonste 1,1% van Suid-Afrikaners met ’n jaarlikse inkomste van R1,2 miljoen.

Malema se enigste amptelike inkomste is ’n ANC-salaris wat glo R50 000 per maand of altesame R600 000 per jaar beloop. Dis net genoeg om die helfte van sy uitgawes te betaal, sê die aktuaris.

Mnr. Erwin Rode, ’n eiendomsekonoom, sê hy meen kontantkopers is skaars.

“As ek moet raai … nie meer as 10% koop huise kontant nie. Gewoonlik het iemand wat R1,7 miljoen kontant het óf ’n groot inkomste óf hy is naby aftrede.

“Dis baie moeilik vir Jan Alleman om R1,7 miljoen ná belasting bymekaar te maak.”

Malema sê hy is arm en leef van aalmoese. Hy wou geen vrae oor die huiskoop beantwoord nie.

Die onthullings oor dié kontanttransaksies kom nadat die bestaan van sy Ratanang-familietrust onthul is.

Die trust word na bewering gebruik vir geld wat Malema kry uit die beweerde omkopery van kontrakteurs vir wie hy regeringstenders beding.

’n Sakeman wat na bewering R200 000 in dié trust inbetaal het, het gesê die jeugleier gebruik die trust vir die geld wat kontrakteurs, politici, maatskappye, burgemeesters en munisipale bestuurders hom gee in ruil vir sy fasilitering van ooreenkomste.

Donderdag het Malema egter in Queenstown gesê sakelui betaal geld in die trust sodat hy dit aan welsynorganisasies kan versprei.

Hy het geswyg oor watter organisasies dit is en hoeveel hulle kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
44 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.