Man van Kaapstad verdwyn van jag op eilandvaart

2012-07-21 23:52

Stefan Pokorny (36) van Oostenryk.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die seilmaat van ’n gewese Kapenaar wat tydens ’n stormagtige vaart oor die Suid-Indiese Oseaan spoorloos verdwyn het, is in hegtenis geneem nadat hy alleen by hul bestemming op ’n eilandjie naby die Seychelle aangekom het.

Sean Terry (48), wat ’n Suid-Afrikaanse en ’n Britse paspoort het en oorspronklik van die Kaap is, maar die laaste ruk in Brittanje gewoon het, was glo op die laaste skof van sy vaart om die wêreld op die seiljag Finnegan. Hy is deur Stefan Pokorny (36), ’n Oostenryker, vergesel.

Die twee het op 13 Mei van die Maledive na die ­Chagos-eilande geseil.

Op 14?Junie het hulle hiervandaan na Madagaskar vertrek, maar 11 dae later het Pokorny doodmoeg en stoksielalleen op die eiland Coëtivy, ’n suidelike eiland van die Seychelle, aangekom.

Nou hang daar vrae oor hoe Terry van die seiljag af verdwyn het – vrae wat Pokorny vandeesmaand sal moet beantwoord wanneer hy in die hof op dié eilandstaat verskyn.

Pokorny het Terry as vermis by die polisie aangemeld, maar is onmiddellik in hegtenis geneem en 14 dae lank aangehou terwyl ’n ondersoek gedoen is.

Volgens die Seychellese koerant ­Today moet Pokorny op 31 Julie weer in die hof verskyn.

Die kantoor van Jean Taussaint, die Seychellese polisiewoordvoerder, wou by navraag nie duidelikheid oor die klagte teen Pokorny verskaf nie, maar Rapport verneem hy het glo gesê Terry het tydens ’n storm op see oorboord geval.

Dit is ook onbekend of Pokorny tydens die storm die noodbaken aan boord geaktiveer het.

Die toestel stuur ’n sein na die seereddingskoördineringsentrum sodat ’n soektog van stapel gestuur kan word.

Terry se familie het eers op 11 Julie van sy verdwyning gehoor, waarna nuus soos ’n veldbrand deur die seiljag-gemeenskap getrek het.

Die afgelope Maandag is reg om die wêreld om 21:30 (Suid-Afrikaanse tyd) kerse opgesteek as ’n “baken huis toe”.

Robin Philip, Terry se swaer, het Woensdag inderhaas uit Kaapstad na Victoria in die Seychelle vertrek, terwyl die familie die Facebookgroep “Sean Terry – Missing skipper of Yacht Finnegan” ge- stig het in die hoop op meer inligting.

Op dié blad sê hulle daar is meer vrae as antwoorde.

“Dit is ’n verskriklike situasie vir ons en uiters frustrerend.”

’n Italiaanse seiljag, die Alice,het glo saam met die Finnegan van die Chagos-eilande gevaar en die kaptein, ene Antonio, het koördinate aan die familie verskaf van die plek waar hulle die vaartuig die laaste keer gesien het.

’n Seilvaart-vriend van Terry, ­Dieter Dongphrajan van Thailand, sê Pokorny was “nie ’n ervare seilvaarder nie, maar ’n goeie bemanningslid en gretig om te leer. Daarom het hy by Terry op die vaart aangesluit.”

Dongphrajan het ook by Antonio verneem die Finnegan is deur ’n hewige storm getref dae nadat die Finnegan en die Alice saam uit Chagos vertrek het.

Die storm het veroorsaak dat die twee jagte radiokontak met mekaar verloor het.

Antonio vermoed glo “geen misdaad nie”, want Terry en Pokorny het op Chagos “in harmonie geleef”.

Judith Middleton, ’n familie-woordvoerder in Kaapstad, sê die Seychellese polisie, asook die Britse hoë kommissaris, wag nog op verdere inligting en bewyse terwyl die ondersoek voortduur.

Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking het teen druktyd nie kommentaar gelewer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... God is mos almagtig en alwetend. Enigiets wat gebeur het Hy mos lank vooruit geweet en Hy laat dit toe dat dit gebeur. As Hy dit wil keer, dan kan Hy. Of hoe? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.