Man vas vir moord

2012-12-20 12:26

Annemarie Birk

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ermelo. – Die man wat glo sy vrou se roggelgeluide oor die selfoon gehoor het nadat sy aangeval en keelaf gesny is, is weens vermeende aandadigheid aan die moord in hegtenis geneem.

Annemarie Birk, ’n musiek­onderwyseres, is op 7 September, ’n dag ná haar 41ste verjaardag, keelaf gesny.

Lodewyk Jurgens Birk (38) is eergister omstreeks 20:30 by vriende se huis in Ermelo aangekeer.

Skaars vier uur vantevore het die polisie Mxolisi Malinga (27), die egpaar se tuinwerker, vasgetrek.

Malinga was ten tyde van sy arrestasie besig om ’n klaskamer by die Hoërskool Ermelo, dieselfde skool waar Annemarie ’n onderwyser was, te verf.

Die polisie het sowat ’n maand gelede Annemarie se selfoon, wat tydens die moord gesteel is, in ’n sloot naby die provinsiale hospitaal opgetel.

Die foon het blykbaar verskeie leidrade opgelewer wat die twee verdagtes na bewering met die moord verbind.

Kort ná die moord het Birk aan die polisie gesê sy vrou het hom by die werk gebel en net oor die foon geroggel. Hy het huis toe gejaag en haar bebloede lyk in die slaapkamer aangetref.

Die motief vir die moord is steeds duister, het die polisie in Ermelo gister gesê.

Beeld het destyds berig hoe Annemarie vermoor is.

Behalwe dat sy keelaf gesny is, is sy ook verskeie kere met ’n mes in die maag gesteek.

Hoewel daar geen teken van inbraak in die egpaar se huis was nie, was daar wel duidelike tekens van ’n verbete struweling tussen haar en haar moordenaars, het kapt. Carla Prinsloo, polisiewoordvoerder, gesê.

Kort voor haar moord het sy glo nog die hek van hul huis in Theronstraat vir haar man oopgemaak om werk toe te gaan.

Sy is kort daarna aangeval.

Sy het Birk glo gebel, maar by sy aankoms by die huis het hy in die hoofslaapkamer op sy vrou se lyk afgekom.

Sy was nog in haar pajama­­­bo­stuk en broekie geklee en die klere wat sy die dag sou dra, het langs haar op die bed gelê.

Enkele dae ná die moord is Birk in die Denmar- psigiatriese hospitaal in Pretoria opgeneem nadat hy glo ’n senu-instorting gehad het.

“Mnr. Birk was van die eerste dag af ’n verdagte. Wat ook opsigtelik was, is die geweld waarmee die steekwonde toegedien is,” het ’n ingeligte na aan die ondersoek gister gesê.

“Die moord op Annemarie was ongenaakbaar en wreed en ons is net bly as iemand daarvoor aangekeer is,” het Bok Martins, skoolhoof, gister gesê.

Volgens hom was Annemarie ’n saggeaarde mens. Sy het nege jaar lank vir die skool gewerk.

Die twee verdagtes word aangehou en sal môre in die plaas­like landdroshof verskyn.

Klagte van moord, sameswering om te moor en roof met verswarende omstandighede word teen hulle ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Sammy Vyfers sê... So true mr Olivier Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R1200000 - R1700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.