Mangaung: Zuma-steun styg skerp

2012-10-01 06:16

Pres. Jacob Zuma se stemblok binne die ANC het in die laaste agt maande so gegroei dat dit al hoe sekerder lyk dat hy in Desember herkies sal word tot president van die ANC.

Dít blyk uit die jongste ledesyfers van die party wat Vrydagaand bekend gemaak is in die aanloop tot die leiersberaad in Mangaung wat vandag oor presies 11 weke aanbreek.

ANC-takke kan môre begin om kandidate vir die partyleierskorps te benoem.

Dit is die sowat 4 500 afgevaardigdes wat ANC-takke na Bloemfontein stuur wat gaan besluit wie die party sal lei.

Drie provinsies wat ’n tamaai 48% van die ANC se 1,2 miljoen lede uitmaak – KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Vrystaat – het hul ledetalle sedert Januarie skerp opgestoot.

Al drie dié provinsies skaar hulle by Zuma.

Hierteenoor is ANC-lede uit anti-Zuma-provinsies nou ’n kleiner deel van die geheel.

Die jongste amptelike syfers wys:

* ANC-lede in Zuma se tuisprovinsie, KwaZulu-Natal, het in die afgelope agt maande met byna 90?000 lede toegeneem tot meer as 330 000.

Dit is ’n styging van 36%. Volgens voorlopige aanduidings sal dié provinsie 983 stemgeregtigde afgevaardigdes na Mangaung stuur.

* Hierteenoor stuur die Oos-Kaap, wat téén ’n tweede termyn vir Zuma veg, net 556 afgevaardigdes. Die ledetal daar het met amper 40 000 afgeneem tot sowat 187 000. Dit is ’n daling van meer as 16%.

Hoewel die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) Vrydagaand in ’n marathonsessie geen klarigheid kon bereik oor presies hoe om te bereken hoeveel afgevaardigdes deur elke stemblok gestuur moet word nie, lyk dit al hoe meer of Zuma veilig sal wees teen die aanslag teen hom wat lank reeds spoed optel.

Kleiner provinsies soos die anti-Zuma-Wes-Kaap, wil hê die formule moet hulle bevoordeel omdat groter provinsies soos KwaZulu-Natal volgens hulle ’n onbillike voorsprong het.

Die kamp teen Zuma het egter nie gekry waarvoor hulle gehoop het nie.

Cassel Mathale, premier van Limpopo en bondgenoot van Zuma se aartsvyand, Julius Malema, het die NUK-sitting van ses ure vroeg verlaat, verneem Rapport.

Die NUK het gedebatteer oor hoe die oorblywende 416 plekke op die vergadering verdeel sal word nadat die 3?864 takke elk hul enkele afgevaardigde gestuur het.

Buiten takke moet die jeug-, vroue- en veteraneliga ook elkeen afgevaardigdes stuur, terwyl die nege provinsiale uitvoerende komitees ook die beraad bywoon.

Op ’n voorlopige lys word die afgevaardigdes só ingedeel: KwaZulu-Natal 983, Oos-Kaap 556, Limpopo 537, Gauteng 476, Mpumalanga 408, Vrystaat 359, Noordwes 223, Noord-Kaap 170 en Wes-Kaap 152 en elkeen van die ­ligas 45.

Die provinsiale leiers is ’n verdere 225 en die NUK self 82.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag gesê die groei in ledetal in KwaZulu-Natal was danksy “heelwat organisasie-bou”.

Die provinsie met sy 11 streke was volgens Mantashe voorheen onderverteenwoordig in die ANC.

“Die ledetal begin nou uiteindelik die provinsie se ware grootte in die ANC weerspieël.”

Die daling in die Oos-Kaap se ledetal was op sy beurt die gevolg van “ernstige organisatoriese probleme”.

Volgens Sihle Zikala, die ANC se sekretaris in KwaZulu-Natal, het hulle ’n veldtog gevoer om nuwe lede te werf en bestaande lede te herinner om nie hul lidmaatskap te laat verval nie.

Die jeugliga se adjunkpresident, Ronald Lamola, het Woensdag gesê hulle wil hê adj.pres. Kgalema Motlanthe moet vir die leiersposisie staan en Fikile Mbalula, minister van sport, vir die pos van sekretaris-generaal.

Mbalula het die eerste kabinetsminister geword wat hom openlik teen Zuma se kandidatuur uitgespreek het. Hy het by die Universiteit van die Witwatersrand gesê die ANC moet dringend nuwe leiers kry “omdat die ANC (onder Zuma) in ’n waakeenheid is”.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Morning clouds. Mild. Pta: 4-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: -2-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!