Marikana: ‘Mense se smart uitgebuit vir eie gewin’

2012-08-26 00:06

Politici soos Julius Malema wat hulle as die redders van mynwerkers in Marikana voorhou, buit die naasbestaandes van die oorledenes se smart uit vir politieke gewin.

So het Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, gister op ’n konferensie van die SA Mediese Vereniging se komitee vir dokters in die openbare sektor in Pretoria gesê.

Vavi het erken Cosatu is bekommerd oor splintervakbonde, soos Amcu by die Lonmin-myn, en die vakbondbedryf se voortbestaan.

Volgens hom kan Cosatu se nasionale konferensie in September, waar nuwe leiers gekies word, dié federasie “maak of breek”.

Cosatu beskou die fenomeen as só ernstig dat briewe in die komende week aan elke Cosatu-lid gestuur sal word om hulle oor die gevare van splintervakbonde te waarsku.

Volgens Vavi weier Cosatu om die Marikana-tragedie vir eie politieke gewin uit te buit.

“Ons gaan ook nie iemand daarvoor blameer nie, woede onder werkers stook of sentimente teen die regering en individue dryf sonder die feite nie.”

Vavi sê Cosatu gaan wag vir die bevindings van die geregtelike kommissie van ondersoek na die tragedie.

Vavi het erken splintervakbonde is een van Cosatu se grootste uitdagings.

“Dit is ’n georkestreerde aanval op Cosatu deur werkgewers en is hoogs problematies.

“Dit kan ons groot skade berokken omdat dit die lojaliteit van werkers verdeel,” het hy gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 7-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.