Mark Boucher verloor dalk ’n deel van sy sig

2012-07-15 00:01

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mark Boucher gaan waarskynlik ’n deel van sy sig verloor en daarom is dit onwaarskynlik dat dié wêreldrekordhouer-paaltjiewagter weer énige krieket sal speel.

Boucher (35) het die afgelope week sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig ná ’n fratsongeluk in ’n oefenwedstryd tussen die Proteas en Somerset in Taunton, Brittanje, verlede naweek.

’n Dwarsbalkie het hom in die linkeroog getref toe die Protea-draaibouler Imran Tahir vir Gemaal Hussain, een van Somerset se kolwers, skoongeboul het.

Hoewel dié Oos-Kapenaar ’n noodoperasie moes ondergaan, het hy reeds die hoop uitgespreek dat hy in die toekoms weer eersterangse krieket sal kan speel.

Boucher, wat Suid-Afrika in 146 toetse, 295 eendagwedstryde en 25 Twintig20-wedstryde verteenwoordig het en die wêreldrekord hou vir die meeste slagoffers in internasionale krieket (999), het Woensdag na die land teruggekeer.

Die Proteas pak die Engelse van volgende week af in ’n toetsreeks om die eerste plek op die Internasionale Krieketraad (IKR) se wêreldranglys.

Volgens dr. Mohammed Moo­sajee, die Proteas se spandokter, het Boucher Donderdag een van die voorste oogspesialiste in die land gespreek.

“Hoewel die operasie ’n sukses was, kon die spesialis steeds nie presies vasstel wat die erns van die skade aan sy oog is nie,” het Moosajee aan Rapport gesê.

“Hy het Dinsdag (oormôre) weer ’n afspraak, waartydens ’n sonar-ondersoek gedoen sal word.

“Hopelik sal die spesialis dan die skade kan bepaal.”

Volgens Moosajee is daar ’n sterk moontlikheid dat Boucher waarskynlik ’n deel van sy sig in dié oog sal verloor.

“Daarom is dit onwaarskynlik dat hy weer sal kan speel, maar Mark is ’n vegter en ek hoop hy bewys my verkeerd.”

Moosajee het gesê Boucher span sedert sy terugkeer in Kaapstad uit.

“Dit gaan oukei met hom onder die omstandighede.

“Dis belangrik dat hy genoeg rus kry, want dit sal help om te verhinder dat die oog ontsteek raak. Hy is omring met van die beste mediese hulp in die land en KSA (Krieket Suid-Afrika) sal hom later ook bystaan met berading, sou hy voel dis nodig.”

Moosajee het volgehou dat ’n kopskerm of sonbril nie noodwendig dié besering kon voorkom nie.

Boucher het net ’n pet gedra toe die balkie hom getref het.

“Die snelboulers was besig om van die ander kant af te boul en hy het nie juis tyd gehad om ’n kopskerm aan te sit nie,” het Moosajee gesê.

“Die bewolkte en reënerige weer het dit onmoontlik gemaak om ’n bril te dra en omdat die bal die balkie met groot vaart getref het, sou nie eers dít noodwendig die besering kon keer nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.