Matriek-knoeiery: Uitgevang!

2012-10-13 23:19

So ruil matrieks antwoordstelle uit in die rekordeksamen.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sommige onafhanklike skole in Mpumalanga sorg vir beter matriekuitslae deur voor te gee hulle registreer ook hul swak kandidate vir die eindeksamen, terwyl net die beter kandidate ingeskryf word.

Die swakker kandidate weet van geen sout of water nie.

Hulle skryf die eindeksamen, maar ontvang inderwaarheid gefotostateerde vraestelle wat nooit amptelik nagesien word nie.

Dié leerlinge kry óf ’n uitslag dat hulle gedruip het, óf hulle kry nooit enige uitslae nie.

Só behaal die skole ’n beter matriekslaagsyfer wat veral vir onafhanklike skole belangrik is om meer leerlinge te lok. Hoe meer leerlinge, hoe meer die skoolgeld.

Dié praktyk het moontlik bygedra tot die verbetering in Mpumalanga se matriekslaag­syfer die laaste paar jaar.

In 2009 was die provinsie se slaagsyfer 47,9% en teen 2011 was dit 64,8% – ’n styging van 16,9 persentasiepunte.

Rapport het van vier onverwante bronne verneem dat minstens tien skole in die provinsie hul leerlinge aan die einde van gr. 11 in sogenaamde slaag- en druiplyste verdeel.

Dié bewerings is deur ’n se­nior onderwysamptenaar in die provinsie bevestig.

“Die eerste lys kandidate is die leerlinge wat matriek behoort te slaag en die ander lys is dié wat waarskynlik nie sal slaag nie,” sê die bron.

Net die sogenaamde slaaglys­kandidate word vir die matriekeindeksamen geregistreer.

Tydens die eksamen word die slaaglyskandidate en die druip-lyskandidate blykbaar in sekere gevalle in verskillende eksamenlokale geplaas.

“Die druiplyskandidate word gefotostateerde vraestelle gegee om te skryf, so al asof hulle die matriekeksamen aflê.”

Dit word gefotostateer omdat die departement veronderstel is om aan elke skool genoeg vraestelle te stuur vir die getal geregistreerde kandidate.

“Die skole lê net die slaaglys aan die onderwysdepartement voor. Hul slaagsyfer word dan bereken op grond van hoe dié kandidate vaar.”

Die druiplyskandidate kry dan later ’n druip-rapport of geen uitslae nie.

Die bronne het drie skole in Mpumalanga geïdentifiseer wat glo hierdie praktyk toepas. Al hierdie skole het by navraag die aantygings ontken.

Rapport is ook in besit van foto’s wat wys hoe antwoordstelle tydens die rekordmatriekeksamen tussen leerlinge uitgeruil word. Volgens die senior onderwysamptenaar is gevalle ook al aangemeld waar onderwysers antwoorde deur middel van projektors in eksamentyd aan leerlinge gee.

Die eksamenwaghond Umalusi het sedert 2005 verskeie skole in Mpumalanga in briewe gewaarsku oor onreëlmatighede.

Vijayen Naidoo, senior bestuurder van Umalusi, het op ’n mediakonferensie in Johannesburg oor vanjaar se matriekeksamen gesê Umalusi is bekommerd oor die groot getal onafhanklike eksamensentrums en hul vermoë om betroubare eksamens te bedryf.

Jasper Zwane, woordvoerder van die onderwysdepartement in Mpumalanga, het die aantygings oor die twee kandidaatlyste ontken en gesê die provinsie weet nie van sulke lyste nie.

Panyaza Lesufi, woordvoerder van die nasionale onderwysdepartement, sê die betrokke leerlinge moet ’n strafregtelike saak by die polisie of selfs by die openbare beskermer indien.

Dr. Rufus Poliah, hoofdirekteur van nasionale assessering en openbare eksamens, het aan Rapport gesê hulle weet nie van dié praktyk nie, maar sal dit ondersoek.

***

Rapport kon twee leerlinge van verskillende skole in Mpumalanga opspoor wat eksamen geskryf het, maar nooit uitslae ontvang het nie.

Marvele Mashele het in 2010 eksamen geskryf en hy het steeds geen uitslae ontvang nie.

“Die departement het gesê my uitslae het deurmekaar geraak met dié van ’n klasmaat.”

Mashele het onlangs by die nasionale departement van basiese onderwys uitgevind hy was nooit geregistreer nie.

Rapport het vasgestel Mashele het gr. 11 met sy eerste probeerslag gedruip en wel die volgende jaar deurgekom. Die kans was dus waarskynlik goed dat hy matriek sou druip.

Nog ’n leerling wat gedink het sy was vir die matriekeksamen geregistreer, is Camilla Combrinck van Sabie.

Volgens Combrinck het sy slegs in 2008 uitslae ontvang, maar nie in 2009 nie.

Die betrokke skoolhoof het aan Combrinck vertel die skool het haar uitslae verloor.

In Rapport se ondersoek is daar gevind sy was nie in 2009 geregistreer om eksamen te skryf nie.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-24°C High level clouds. Mild. Pta: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Sunny. Mild. Bfn: 8-25°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-28°C More sun than clouds. Warm. PE: 16-23°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!