Mediese sorg: die duur abses

2012-08-26 00:06

’n Omvattende nuwe ondersoek na die koste van private gesondheidsorg kan uiteindelik antwoorde gee op waarom Suid-Afrikaners “belaglike pryse” vir mediese dienste moet betaal.

Dié ondersoek deur die Mededingingskommissie is die eerste in sy soort en dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, meen die uitslag sal sy mening staaf dat private hospitale en -dokters buitensporig duur is.

“Dit is hoog tyd dat iemand aan Suid-Afrikaners bewys ek is nie ’n leuenaar nie,” het die minister in ’n eksklusiewe onderhoud gesê.

“Die koste van private gesondheidsorg is onvolhoubaar.”

Die Mededingingskommissie het twee voorlopige studies gedoen om te bepaal wat presies die koste van private gesondheidsorg opjaag.

Die bevinding was dat verdere ondersoek nodig is.

Volgens Trudi Makhaya van die kommissie is die presiese grense van die ondersoek nog nie vasgestel nie.

Dit sal egter soortgelyk wees aan die ondersoek na die banksektor in 2006 waarna banke hul tariewe drasties verlaag het.

Makhaya wou nie uitwei oor die bevindings in die voorlopige studies nie.

Dit lyk of “nuwe beleid en regulerende maatstawwe” dalk nodig sal wees, sê sy.

Volgens Motsoaledi is dit die soort ondersoek waarop hy gewag het.

“Dit sal alles openbaar en mense sal weet waarvoor hulle betaal,” sê hy.

“(Die koste van) private gesondheidsorg is totaal onaanvaarbaar.

“Nêrens in die wêreld, behalwe in Suid-Afrika, sal jy private hospitale kry wat vir ’n eenvoudige prosedure soos die dreinering van ’n abses ­tot R30 000 hef nie.”

Die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa), wat hospitaalgroepe soos Netcare, Mediclinic, Life­Healthcare en National Health Network insluit, het die nuus van die ondersoek verwelkom.
Hasa sal nie deel wees van die ondersoek nie omdat dit nie toelaatbaar is nie, sê dr. Nkaki Matlala, hoof van Hasa.

“Die vereniging is al beboet vir deelname aan besprekings oor die koste van gesondheidsorg.”

Hy voeg by hul lede kan wel in hul individuele hoedanighede deelneem.

Matlala het verwys na die Mededingingskommissie se beslissing in 2004 dat private verskaffers van gesondheidsorg nie kollektief pryse mag onderhandel nie.

Die beslissing het gekom ná ’n klagte dat private gesondheidsorgverskaffers en -finansierders saamspan om pryse vas te stel sonder enige regulerende of regeringsoorsig.

Makhaya sê die 2004-beslissing sal nie die ondersoek raak nie.

“Die kommissie ondersteun maatstawwe om die lugleegte in regulering aan te pak. Die mededingingsowerhede se vorige bevindings teen private kollektiewe onderhandeling verhinder nie die regering om sulke stappe namens die publiek te doen nie.”

Motsoaledi sê sy kantoor wag op ’n uitnodiging om aan die ondersoek deel te neem.

“As regering is dit ons plig om die publiek te beskerm, selfs al is hulle nie verbruikers van openbare gesondheid nie,” sê Motsoaledi.

“Ons moet weet hoe die private gesondheidsektor by hierdie belaglike pryse uitkom.”

Die nuus van die nuwe ondersoek kom te midde van ’n hewige stryery tussen die departement en private hospitale.

Private hospitaalgroepe het die departement daarvan beskuldig dat dr. Anban Pillay, direkteur-generaal van farmaseutiese ekonomiese evaluering, statistieke bekook het om te bewys private gesondheidsorg in Suid-Afrika is duur.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
78 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-22°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-26°C Sunny. Mild. PE: 8-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

Sandton
Total Placement Solutions
R18 000 - R25 000 Per Month

Design Engineer

Vereeniging
Rivoni Recruitment & Talent Specialist CC

Bookkeeper

Vereeniging
Rivoni Recruitment & Talent Specialist CC
R10 500 - R12 500 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!