Meer oë, meer stemme vir Idols

2012-08-12 00:11

Unathi Msengana, ’n Idols-beoordelaars.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die 22-jarige Nosipho Mngomezulu van Brakpan is Dinsdagaand huis toe gestuur en hoewel die beoordelaars gevoel het sy het beter geklink as Sondagaand, het hulle nie hul 'red'-stem gebruik om haar in die kompetisie te hou nie.

Die agtste reeks van Idols, wat tans uitgesaai word, is die gewildste Idols-reeks nóg.

Die gemiddelde getal kykers per episode is 1,2 miljoen, sê ­Lani Lombard, M-Net se kommunikasiehoof.

“Gewoonlik bereik ons eers in ’n eindronde die 1 miljoen-merk.”

Boonop het meer as 650 000 mense verlede week binne net meer as ’n dag vir die tien top-deelnemers gestem, teenoor skaars 415 000 in dieselfde tydperk verlede jaar.

’n Groot rede vir dié ommekeer is volgens Lombard dat Idols vanjaar ook op die Mzanzi Magic-kanaal eerder as net op M-Net uitgesaai word.

Mzanzi Magic se kykers sluit intekenare op die veel goedkoper DStv Compact-boeket in terwyl M-Net die gewildste kanaal op DStv Premium is.

Mzanzi Magic dra nou sowat die helfte van die algehele Idols-gehoor by, wat heelwat groter as in die verlede is.

Lombard sê sy is bewus van kommentaar op sosiale netwerke wat Idols as rassisties veroordeel.

“Idols is ’n trots Suid-Afrikaanse program, maar noudat meer kykers toegang daartoe het, is dit beslis meer verteenwoordigend. Ek sou graag almal wat sulke stellings maak, wil nooi na die optredes in die Mosaïek-teater in Fairland, Johannesburg. Die gehoor se reaksie daar wys dat Idols net om een ding draai: hoe goed ’n deelnemer op die verhoog is.”

Unathi Msengana, een van die Idols-beoordelaars, sê musiek bring almal bymekaar.

“En dis wonderlik om te sien hoe die kykertalle groei en mense se lewe oornag verander vanweë hul drome wat waar word,” sê sy.

* Kyk vanaand 17:30 hoe die nege topdeelnemers dit uitspook.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C More sun than clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Promoters part time

Randburg
Realpromotions
R40 - R150 Per Hour

HR Consultant with Oracle experience

Johannesburg CBD
U'R Staffing Solutions (Pty) Ltd
R15 000 - R18 000 Per Month

Sales available for Afrikaans speaking Consultants

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!